Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 October 2025

Anne-Marie Bartie. fake news

fake news

 

daar verskyn ‘n politieke berig

oor iets wat heel waarskynlik

fopnuus is

dit klink soos Ali Baba

se veertig diewe

en iemand met ‘n tapyt

wat laag oor ‘n kommissie

van ondersoek vlieg

 

ook ‘n geskiedkundige paragraaf (nie verwant)

oor Romulus, Remus en Mars

asook klokke wat lui

oor Sappho se verse

en die vroue van Lesbos

wat geslagtelik verskil

maar soos die

‘Two-Spirited’ people

in Amerika is

 

gerugte wat sprei soos reën (sic)

uit die Middeleeue is,

lui dat ‘n Feodale stelsel heers

waarvolgens Marie-Antoinette

en die bourgeoisie in weelde leef

terwyl die volk van ellende sterf

 

daar is skok oor die Swart Dood

(wat hom in Covidtyd herhaal);-

brokkies van die dokter wat ‘n hart oorplant

en van ‘n man wat loop op die maan

 

alles dít, wat ons as wáár aanvaar…

wie sê dit wás, en ís,

nie net alles fabels,

feëverhale,

of teater nie?

 

© Anne-Marie Bartie, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
Anne-Marie Bartie. dialoog →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d