WOU
Wens ek was wys met wiskunde
want dit sal wees miskunde
as jul die gedig in wese
suiwer syfer sewe
aan my toevertrou
ek sal toue
per ogneklu losmaak
en dink hoe die branders sal verander
die plompe lompe blomme wolke wat welk
al die buierige bommel bye
en die lug rooi soos in
rou
© Hennie Meyer, 2026
