Nogmaals Van Wyk Louw
‘n Duimgooi pastiche
Jy’t opgedaag en jy beset
my silwer herberg met soveel stof;
jou venster kyk nog elke nag
met drie oë inkykend na my teks;
die roman is dit en dat en veral dit
en vir mý ‘n cliff hanger uitgestrek;
lewer jy repliek nes daardie iemand
elders soos uile met soveel mag.
© Joan Hambidge, 2026
