Oumanneklubs
In ‘n kroeg of bistro
saam met ewe-oues
aan tafel,
terwyl ek kyk na dié wat
met ernstig beperkende
teëspoed moet
voortgaan
skaam ek my amper
vir die geluk
waarmee ek
(vir eers nog)
ongehinderd
deur ons nadae
mag fietsry
© Miel Vanstreels, 2026
