Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 October 200912 October 2009

Brittanje se gunstelingdigters

TS Eliot
TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (‘n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte – nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Ilse van Staden.Blou
Keats dood weens mediese flater →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d