Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 September 200917 May 2024

Ilse van Staden.Blou

Ek erf ’n klein, klein boksie, ’n blou een, van hout. ’n Kissie vol niks, so sê die briefie binne-in, maar daar is tog iets – ’n sonnet van John Keats. Bo-aan, in potlood geskryf, staan daar: “Vir die blou kissie”:

 

                                     12

Answer to a Sonnet by J.H. Reynolds, ending –

                           Dark eyes are dearer far

Than those that mock the hyacinthine bell.

 

Blue! ‘Tis the life of heaven, – the domain

     Of Cynthia, – the wide palace of the sun, –

The tent of Hesperus, and all his train, –

    The bosomer of clouds, gold, grey, and dun.

Blue! ‘Tis the life of waters – ocean

     And all its vassal streams: pools numberless

May rage, and foam, and fret, but never can

     Subside, if not to dark-blue nativeness.

Blue! gentle cousin of the forest-green,

     Married to green in all the sweetest flowers –

Forget-me-not, – the blue-bell, – and, that queen

     Of secrecy, the violet: what strange powers

Hast thou, as a mere shadow! But how great

When in an Eye thou art, alive with fate!

 

Ek wonder hoeveel van my grootoumagrootjies en oer-oupas het blou oë gehad, soos dié van my oupa, my ma, en nou laastens, ek. Tot my skok ontdek ek die Groot Verseboek het nie my gunsteling A.D. Keet versie in nie, dus moet ek dit elders gaan soek, in ’n (blou!) boek van sy briewe en gedigte deur sy seun (A.D. Keet II) versamel.

 

Ek hou van blou

 

O, vra my nie my liefde,

     Ek het dit weggegee

Aan ’n kleine koringblommetjie

     En aan die grote see.

 

Ek hou van bloue blomme,

     ‘k Aanbid die hemelblou,

Jou oë vermy dit kón ek nie –

     Ek min hul meer dan jou!

 

Dié gedig het ek geleer toe ek nog nie verstaan het wat “vermy” beteken nie. In my suigelingwysheid het ek geglo dis seker ’n drukfout, dat dit “vir my” moes wees en dat die vreemde onvoltooide sin wat so ontstaan, dan te wyte sou wees aan digterlike vryheid. Digters is mos toegelaat om enigiets met die taal te doen.

   Van “min” het ek meer verstaan, al was die liedjie “Jesus min my salig lot” (ja, sonder die komma) ook maar bietjie bo my begrip. Soos digters, kon mens godsdiensliedjies egter heelwat vergewe, soos die vreemde “Water vriend het ons in Jesus”.

   Van liefde weggee, daarvan leer ek al meer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Brittanje se gunstelingdigters →

1e kommentaar op “Ilse van Staden.Blou”

  1. annette says:
    27 July 2012 at 22:31

    Van kleuters, kinders en liedjies kan ek baie vertel. Een va die bestes is my seun se kinderweergawe van “Op berge en in dale”. My broer se naam is Bertus, en die lied word toe so aangepas: “Oom Bertus se sandale en…….”.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d