Ek erf ’n klein, klein boksie, ’n blou een, van hout. ’n Kissie vol niks, so sê die briefie binne-in, maar daar is tog iets – ’n sonnet van John Keats. Bo-aan, in potlood geskryf, staan daar: “Vir die blou kissie”:
12
Answer to a Sonnet by J.H. Reynolds, ending –
Dark eyes are dearer far
Than those that mock the hyacinthine bell.
Blue! ‘Tis the life of heaven, – the domain
Of Cynthia, – the wide palace of the sun, –
The tent of Hesperus, and all his train, –
The bosomer of clouds, gold, grey, and dun.
Blue! ‘Tis the life of waters – ocean
And all its vassal streams: pools numberless
May rage, and foam, and fret, but never can
Subside, if not to dark-blue nativeness.
Blue! gentle cousin of the forest-green,
Married to green in all the sweetest flowers –
Forget-me-not, – the blue-bell, – and, that queen
Of secrecy, the violet: what strange powers
Hast thou, as a mere shadow! But how great
When in an Eye thou art, alive with fate!
Ek wonder hoeveel van my grootoumagrootjies en oer-oupas het blou oë gehad, soos dié van my oupa, my ma, en nou laastens, ek. Tot my skok ontdek ek die Groot Verseboek het nie my gunsteling A.D. Keet versie in nie, dus moet ek dit elders gaan soek, in ’n (blou!) boek van sy briewe en gedigte deur sy seun (A.D. Keet II) versamel.
Ek hou van blou
O, vra my nie my liefde,
Ek het dit weggegee
Aan ’n kleine koringblommetjie
En aan die grote see.
Ek hou van bloue blomme,
‘k Aanbid die hemelblou,
Jou oë vermy dit kón ek nie –
Ek min hul meer dan jou!
Dié gedig het ek geleer toe ek nog nie verstaan het wat “vermy” beteken nie. In my suigelingwysheid het ek geglo dis seker ’n drukfout, dat dit “vir my” moes wees en dat die vreemde onvoltooide sin wat so ontstaan, dan te wyte sou wees aan digterlike vryheid. Digters is mos toegelaat om enigiets met die taal te doen.
Van “min” het ek meer verstaan, al was die liedjie “Jesus min my salig lot” (ja, sonder die komma) ook maar bietjie bo my begrip. Soos digters, kon mens godsdiensliedjies egter heelwat vergewe, soos die vreemde “Water vriend het ons in Jesus”.
Van liefde weggee, daarvan leer ek al meer.
Van kleuters, kinders en liedjies kan ek baie vertel. Een va die bestes is my seun se kinderweergawe van “Op berge en in dale”. My broer se naam is Bertus, en die lied word toe so aangepas: “Oom Bertus se sandale en…….”.