Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 201010 February 2020

Carina van der Walt. ‘n Gloeiende lykdig vir Harry Mulisch

Ramsey Nasr, Dichter des Vaderlands, se lykdig vir Harry Mulisch

 

Harry Mulisch
Harry Mulisch

Op 30 Oktober is een van die grootste skrywers van Nederland in Amsterdam oorlede. Harry Mulisch. Na baie huldeblyke in die daaropvolgende week is ‘n gedig van Ramsey Nasr tydens ‘n private afskeidseremonie voorgedra in die Amsterdamse Stadskouburg. Met hierdie gedig dra Nasr by tot die mitologisering van Mulisch. Dit is ‘n taak so reg in die kraal van ‘n vaderlandsdigter, alhoewel die Nederlandse samelewing en selfs Mulisch hier nie ontsnap aan Nasr se skerp kritiese blik nie.    

Die titel van Nasr se gedig is In memoriam Mei. Aanvanklik is dit raaiselagtig. Dan besef die leser dit verwys na die uitbreek en einde van die Tweede Wêreldoorlog in Nederland (10 Mei 1940 tot 5 Mei 1945). Die aanleiding vir die titel was waarskynlik ook die volgende uitspraak van Mulisch, wat telkemale herhaal is na sy dood: “Ik ben de tweede wereldoorlog.” Hy het dit gesê na aanleiding van sy Duits-Joodse agtergrond en al die implikasies wat dit vir sy eie lewe gehad net.

Die gedig sluit visueel aan by een van die NOS Joernaal-uitsendinge na sy dood. Die nuus het geopen met ‘n swart-wit foto van Mulisch tussen twee vuurspuwende vulkane. Die Nederlandse media het veral in die verlede gefokus op Mulisch se arrogante houding en selfverheerliking. Uit sy sêgoed was dit dan ook logies om so-iets af te lei, byvoorbeeld: “eers was daar die oerknal, toe die geboorte van Jesus Christus en toe De aanslag.” Volgens Joost Zwagerman het so ‘n uitspraak egter altyd gepaard gegaan met ‘n gesonde dosis self ironie. Mulisch het Zwagerman in Februarie 2010 benoem tot sy kroonprins – ‘n kroonprins wat Mulisch as 16-jarige begin lees het en elke keer verras was deur die variasie in sy styl. Daartoe was Reve en Hermans nie in staat by die jonge Zwagerman nie. Hulle is die ander twee skrywers wat saam met Mulisch bekend staan as die Groot Drie van die Nederlandse letterkunde.

Ramsey Nasr
Ramsey Nasr

Nasr bevestig in In memoriam Mei die verwaandheid van Mulisch. Intertekstuele verwysings na twee van sy boeke, De Pupil en De ontdekking van de hemel én sy woning naby die Leidseplein kom voor. Die gedig eindig met Mulisch se veelbesproke teorie oor die dood. “Angst voor de dood heb ik niet. Ik zal nooit naar waarheid de zin kunnen uitspreken: ‘Ik ben dood.’ … Dood ben je alleen voor de omstanders, die zeggen: ‘Nu is hij dood.'” (NRC-Handelblad, 6 November 2010, p.1-2)

Neem Nasr hartroerend afskeid van Harry Mulisch? Ek dink nie so nie. Die kans is sterker dat reëls soos “Ek was die goudstof en die wind, ek was ibis, piramides” en “Ek was die koeëlvaste skoenlapper…” in die lug bly hang. Om deur ‘n brutale selfgemaakte skrywer uit ‘n volgende geslag toegeëien te word.      

 

In memoriam Mei

 

Ek, Harry Kurt Victor Mulisch, volle seun van alle muses

ek was die gloeiende bode van vuur, komende van niks

was ek op weg na ‘n brandnuwe mite.

 

Ek was die goudstof en die wind, ek was ibis, piramides

ek was ‘n ommekeer in ink, ek was die duisendjarige lig

ek was die pyp, die Leidseplein, ek was ‘n pupil van onsterflikheid.   

 

Ek was die koeëlvaste skoenlapper en die kern van alle oorlog

vulkaanswemmer, gode-eter, ek, die keiser van die lot

ek was die heimat, ek was ballingskap: ek was die Paradoks.

 

En hier, binne-in hierdie eenpersoonsheelal, my blou labirint

waar alle vingers uitdoof – stadig op gevoel, hier het ek oorgebly.

Die dood is die holte van my hand: Grote Eén gaan trap na oneindige trap.

 

Met die trek in my beendere en ‘n uitsig sonder god

so bly ek, Harry Mulisch, die ontdekker van u hemel.

Ek was die bringer van letter en stof. En as u sterf, dan leef ek nog.

 

(c) Ramsey Nasr (Geleentheidsvers, Amsterdamse Stadskouburg. 6 November 2010)

Vetaling: Carina van der Walt 

*** 

(Bostaande gedig het verskyn in die NRC-Handelsblad van 6 November 2010 op p.7.

Die oorspronklike Nederlandse gedig kan u lees op:

http://www.nrc.nl/digitaleeditie/NH/20101106___/1_007/lowres_page.pdf)

 

Voordracht van In memoriam mei deur Kitty Courbois

http://nos.nl/video/196396-in-memoriam-mei.html

 

Harry Mulisch (1927 – 2010) To be and not to be

http://www.youtube.com/watch?v=nah4nHgS4yI

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Oor die verering van gestorwe skrywers
Die sarkasme van ‘n digter →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d