Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Sy oë is blou

1

In David Macey se biografie van Frantz Fanon, word vertel van ʼn keer in Frankryk toe ʼn dogtertjie vir Fanon in die straat sien en die volgende aan haar ma sê: “Kyk, ʼn neger… Kyk na die neger Ma, ek’s bang!” (p. 63) Later in die boek skryf Macey: “The gaze of the white man creates the black slave and forces him to recognise that he is a slave. Fanon remarks in Peau noire [sy boek Black Skin, White Masks] that ‘the negro is afraid of blue eyes’ and, speaking of his encounter with the child and mother, he writes: ‘All this whiteness burns me to ashes’.” (p. 167)

2

TODESFUGE

Schwarze Milch der Frühe wir trinken sie abends
wir trinken sie mittags und morgens wir trinken sie nachts
wir trinken und trinken
wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt
der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
er schreibt es und tritt vor das Haus und es blitzen die Sterne er pfeift seine Rüden herbei
er pfeift seine Juden hervor läßt schaufeln ein Grab in der Erde
er befiehlt uns spielt auf nun zum Tanz

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich morgens und mittags wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt
der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
Dein aschenes Haar Sulamith wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng

Er ruft stecht tiefer ins Erdreich ihr einen ihr andern singet und spielt
er greift nach dem Eisen im Gurt er schwingts seine Augen sind blau
stecht tiefer die Spaten ihr einen ihr andern spielt weiter zum Tanz auf

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags und morgens wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith er spielt mit den Schlangen
Er ruft spielt süßer den Tod der Tod ist ein Meister aus Deutschland
er ruft streicht dunkler die Geigen dann steigt ihr als Rauch in die Luft
dann habt ihr ein Grab in den Wolken da liegt man nicht eng

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags der Tod ist ein Meister aus Deutschland
wir trinken dich abends und morgens wir trinken und trinken
der Tod ist ein Meister aus Deutschland sein Auge ist blau
er trifft dich mit bleierner Kugel er trifft dich genau
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
er hetzt seine Rüden auf uns er schenkt uns ein Grab in der Luft
er spielt mit den Schlangen und träumet der Tod ist ein Meister aus Deutschland

dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith

3

“Om gedigte na Auschwitz te skryf is barbaars,” het Theodor Adorno in 1951 gesê. Kort daarna, in 1952, is Paul Celan se “Todesfuge” in die bundel Mohn und Gedächtnis gepubliseer – ʼn gedig oor die Holocaust, in Duits. Soos J.M. Coetzee opmerk, het Adorno sy stelling in 1966 teruggetrek, “perhaps as concession to ‘Death Fugue’.” Dis seker een van die mees aangrypende moderne gedigte. Beide Celan se ouers het in kampe in Ukraine omgekom – sy pa aan tering, sy ma is geskiet. Celan self het in ʼn kamp gewerk en het homself na die Oorlog in Frankryk gevestig.

Celan was soms onthuts oor hoe die gedig in Duitsland ontvang is. Coetzee haal byvoorbeeld ʼn prominente Duitse kritikus aan wat van mening was dat die gedig wys dat Celan se digkuns bo die geskiedenis uitstyg, iets wat die digter self gevoel het ʼn wanvoorstelling van die gedig was. Ook die feit dat in Duitse klaskamers eerder op die musikale vorm van die gedig gekonsentreer is as die inhoud, het Celan nie beïndruk nie.

Dis vreemd hoe ʼn gedig – een wat jare gelede geskryf is – weer en weer kan opduik. Daar is byvoorbeeld verwysings daarna in Marlene van Niekerk se “Die verkorte raklewe van Anastasia W”, wat pas weer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer is.

4

Verlede naweek loop ek John Felstiner se vertalings van Celan in die Boekehuis in Johannesburg raak. Ek onthou dat Coetzee dit bespreek het in een van sy essaybundels. Hy het Felstiner se vertaling van “Todesfuge” as een van die meer suksesvolle pogings beskryf. Ek hou van die manier hoe Felstiner die oorspronklike Duits behou – dit forseer die Engelse leser om die feit dat die oorspronklike gedig in Duits geskryf is, te onthou. Die refrein – “dein goldenes Haar Margarete/
dein aschenes Haar Shulamith” –
aan die einde, word heeltemal in Duits weergegee. Teen hierdie tyd het die Engelse leser wat nie Duits magtig is nie, reeds gesnap waaroor dit gaan.

5

DEATH FUGUE

Black milk of daybreak we drink it at evening
we drink it at midday and morning we drink it at night
we drink and we drink
we shovel a grave in the air there you won’t lie too cramped
A man lives in the house he plays with his vipers he writes
he writes when it grows dark to Deutschland your golden hair Margareta
he writes it and steps out of doors and the stars are all sparkling, he whistles his hounds to come close
he whistles his Jews into rows has them shovel a grave in the ground
he commands us to play up for the dance.

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at morning and midday we drink you at evening
we drink and we drink
A man lives in the house he plays with his vipers he writes
he writes when it grows dark to Deutschland your golden hair Margareta
Your ashen hair Shulamith we shovel a grave in the air there you won’t lie too cramped

He shouts jab the earth deeper you lot there you others sing up and play
he grabs for the rod in his belt he swings it his eyes are so blue
jab your spades deeper you lot there you others play on for the dancing

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at midday and morning we drink you at evening
we drink and we drink
a man lives in the house your goldenes Haar Margareta
your aschenes Haar Shulamith he plays his vipers
He shouts play death more sweetly this Death is a master from Deutschland
he shouts scrape your strings darker you’ll rise then as smoke to the sky
you’ll have a grave then in the clouds there you won’t lie too cramped

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at midday Death is a master aus Deutschland
we drink you at evening and morning we drink and we drink
this Death is ein Meister aus Deutschland his eye it is blue
he shoots you with shot made of lead shoots you level and true
a man lives in the house your goldenes Haar Margarete
he looses his hounds on us grants us a grave in the air
he plays with his vipers and daydreams der Tod ist ein Meister aus Deutschland

dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith

6

Margarete verwys heel waarskynlik na die karakter uit Goethe se Faust. ʼn Duitse vrou met blonde hare – Margarete, of Gretchen. Sulamith, of Shulamith, is ʼn redelik algemene Joodse vrouenaam. Dit word soms verkort tot Shula. Maar volgens Felstiner verwys dit ook na ʼn vrou uit Koning Salomo se “Hooglied”. Ek gaan soek dit op – kry drie weergawes:

Nederlandse weergawe uit 1898:

Ou Afrikaanse vertaling:

Manahaim beteken letterlik “twee kampe” in Hebreeus.

Nuwe Afrikaanse vertaling:

Sover ek kan vasstel, was die Sulamitiese vrou van Hooglied se vel swart, deur kleur van bokhaartente. Sy was verlief op ʼn skaapwagter, nie die koning nie. Sy het die koning verlaat om na die skaapwagter terug te keer. Hoekom dans sy voor soldate, by twee kampe? Het Celan dit in gedagte gehad toe hy die gedig geskryf het?

7

My oupa het Duits as vak op Universiteit gehad, in die 1930s. Hy het altyd vir ons uit Goethe aangehaal – uit sy kop uit. Een van sy gunstelinggedigte was “Erlkönig”. Weens my oupa se invloed het ek ook Duits as vak op skool geneem. Ek is dankbaar dat ek “Todesfuge” in Duits kan lees. Ek wonder of my oupa ooit Celan gelees het: “… der Tod ist ein Meister aus Deutschland sein Auge ist blau.”

Frantz Fanon

Verwysings:

J.M. Coetzee. “Paul Celan and his translators.” Uit: Inner Workings: Literary Essays 2000-2005 (Vintage, 2008).

John Felstiner (vertaler). Selected Poems and Prose of Paul Celan (W.W. Norton, 2001).

David Macey. Frantz Fanon: A Life (Granta, 2000).

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Damon Galgut en die vervlietende reis
Desmond Painter. Bootjie na Kammaland →

4e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Sy oë is blou”

  1. Desmond Painter says:
    13 April 2011 at 15:52

    Armsaliges, hmmm… nie sleg nie, veral nie as ‘n vertaling vir ‘the wretched’ nie. Maar ‘The wretched of the earth’ is al klaar nie ‘n heeltemal goeie vertaling van die oorspronklike Frans nie, vermoed ek: ‘Les damnes de la terre’ — dus hou ek steeds nogal van ‘verdoemdes’. Of is dit bietjie van ‘n lomp woord?

    Reply
  2. Wysneus says:
    13 April 2011 at 15:06

    Armsaliges?

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    13 April 2011 at 14:39

    Ekskuus: The pitfalls of national consciousness.

    Reply
  4. Desmond Painter says:
    13 April 2011 at 14:37

    Uitstekende inskrywing, Andries. Ek sit hoeka en herlees tans Macey se Fanon: A Life vir ‘n ding wat ek aan die skryf is oor Fanon, taal, politiek en kritiese sielkunde (sien ook die goeie ‘special edition’ van Theory, Culture & Society, Desember 2010, oor Fanon). Ek sal maar nog sien of al die drade bymekaarkom, maar dit is nogtans fassinerend om Fanon weer te lees. (Ook sy psigiatriese geskrifte en aktiwiteite bly die moeite werd om van kennis te neem — sien Richard C Keller se Colonial madness om te sien hoe Fanon en ander gereageer het op die ‘psigiatrisering’ van die koloniale subjek…)

    Terloops, vanjaar, 2011, is natuurlik die 50ste herdeking van Fanon se vroegtydige dood, asook van die publikasie van The Wretched of the Earth — wat sou die Afrikaans wees? Die Verdoemdes van die Aarde is wat ek sou verkies. Ek wil Pieter Malan of BY nog vra of ek nie iets oor die aangeleentheid vir hulle kan skryf nie…

    Ai, ek wens dit WAS in Afrikaans vertaal; die impressionisme, die woede, die amper profetiese dringendheid van Fanon se werk het, dalk ironies, gesorg dat hulle meer relevant bly as baie meer ’empiries gefundeerde’ verslae oor Algerie uit daardie tyd: Black Skin, White Masks is steeds ‘n meesterlike ‘fenomenologie’ van die ervaring van rassisme; en The Wretched bly ‘n by tye ‘uncanny’ verslag oor die teenstrydighede van die postkoloniale staat. Daar is dele uit hoofstukke soos The Pitfalls of National Culture wat netsowel vandag in SA geskryf kon gewees het.

    Mense staar hulle blind aan die ‘profeet van geweld’ etiket wat Fanon om die nek gehang is. Hy bly noodsaaklike leesstof. Verkieslik onverdun deur die ‘kulturalisme’ van sommige strominge in sg. ‘cultural studies’ kurrikula. Wat dit betref het Nigel Gibson (‘n man met ‘n SA verbintenis) al ‘n paar baie kritiese goed gepubliseer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d