Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 September 201613 September 2016

Gilbert Gibson behaal tweekuns met ATKV Woordveertjie-bekroning

index

Gilbert Gibson, het gisteraand (9 September) tydens die ATKV Woordveertjie-toekennings ‘n tweekuns deurdat sy vyfde bundel “Vry-” 2015: Human & Rousseau) met ‘n Woodveertjie bekroon is in die kategorie vir digkuns. In Junie vanjaar was dié bekroonde bundel ook met Media24 se Elisabeth Eybers-prys vir poësie bekroon. Volgens die commendatio, die volgende: “Die woorde is geweeg, die verse is geslyp en vernuftig in ‘n bundel aangebied wat op die oog af intellektueel voorkom, maar wat die leser ewenwel behaaglik innooi. Die gedigte smeek – inhoudelik, konseptueel en verstegnies – vir oor en oor lees. Dit is onder meer dié bemoeienis met die leser wat dié bundel bó uitsonderlik maak.”

Gibson het in 2001 in Nuwe Stemme 2 met 12 gedigte gedebuteer. Sy eerste bundel, Boomplaats, het in 2006 die Protea-poësieprys vir die beste Afrikaanse digbundel wat die vorige jaar verskyn het,  ontvang. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Sy tweede bundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn daarna het Oogensiklopedie in 2009 en [VII] in 2013 verskyn.

Vry-
Omslag

In sy resensie van die bekroonde bundel vir Versindaba, het Bernard Odendaal die volgende oor Gilbert Gibson se digkuns te sê gehad: “Gibson beoefen ’n digkunssoort wat eers intense intellektuele betrokkenheid van die leser verg, voordat die emosionele betekenislading in die leeshandeling oordraagbaar word. Dié digterlike werkswyse word tot taamlike uiterstes gevoer in gedigte met punktuasie wat soos selfstandig betekenende elemente (soos “woorde”) ingespan word – ’n skryfstyl wat herinner aan tekengebruik in die digitale omgewing, en wat sowel aaneenskakeling as (onder-)skeiding sinjaleer […] Na my mening sal die bundel beslis ter bekragtiging dien van Gibson se status as (tweemaal bekroonde) verteenwoordiger van die meer (“hermeties-”) geslote digkuns – een van die interessante tendense in die Afrikaanse digkuns sedert die millenniumwending.

Die ander genomineerde bundels op die kortlys was Daniel Hugo (Takelwerk, 2015: Human  Rousseau) en Marlise Joubert (Bladspieël, 2015: Human & Rousseau) Dieselfde bundels het ook om die Elisabeth Eybers-prys meegeding.

Van harte geluk aan Gilbert Gibson met hierdie uitsonderlike prestasie.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Gilbert Gibson met Media24 se Elisabeth Eybersprys vir poësie bekroon
Hendrik Botha. Het die digkuns dokters nodig? →

2e gedagtes oor “Gilbert Gibson behaal tweekuns met ATKV Woordveertjie-bekroning”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    14 September 2016 at 00:42

    Petje af, Gilbert! Het mos van dag een af gesê daar brand ‘n lig voor in die wapad. Groete.

    Reply
  2. Alfred Schaffer says:
    12 September 2016 at 20:57

    Jis, baie geluk Gilbert!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d