Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 December 201613 December 2016

Robert Schall. Vertaling: Novalis (1772 – 1801)

novalis-friedrich-von-hardenberg-1772-1801

 

Uit: Geistliche Lieder (1802)


Sou almal dan ontrou word

 

Sou almal dan ontrou word,

so bly tog ék getrou,

dat darem één van vele

die dankbaarheid onthou.

Vir my het U gesterwe,

U het vergaan in smart,

ek gee vir U met vreugde

vir altyd, dus, my hart!

 

Ek is bedroef en dikwels

treur ek oor al U leed,

en oor die talle mense

wat van U wil vergeet.

Beweeg alleen deur liefde

het U so veel gewaag,

maar dít wat U gedoen het,

het immers nou vervaag.

 

U staan met troue liefde

nog altyd almal by,

en bly ook niemand by U,

getrou sal U tog bly.

Die trouste liefde seëvier,

en, soos ʼn kind teen my,

sal sy met bitter trane

oplaas haar teen U vly.

 

O moet my nooit verlaat nie,

ek het U dan gevind,

ek bly vir ewig by U –

bly U aan my verbind!

Eendag sal selfs my broers

hul ontrouheid berou,

dan sê ook hulle harte:

Ons bly aan U getrou!

 

*

 

Wenn alle untreu werden

 

Wenn alle untreu werden,

so bleib ich dir doch treu,

dass Dankbarkeit auf Erden

nicht ausgestorben sei.

Für mich umfing dich Leiden,

vergingst für mich in Schmerz,

drum geb ich dir mit Freuden

auf ewig dieses Herz!

 

Oft muss ich bitter weinen,

dass du gestorben bist,

und mancher von den Deinen

dich lebenslang vergisst!

Von Liebe nur durchdrungen,

hast du so viel getan,

und doch bist du verklungen,

und keiner denkt daran!

 

Du stehst voll treuer Liebe

noch immer Jedem bei,

und wenn dir keiner bliebe,

so bleibst du dennoch treu.

Die treuste Liebe sieget,

am Ende fühlt man sie,

weint bitterlich und schmieget

sich kindlich an dein Knie.

 

Ich habe dich empfunden,

o lasse nicht von mir,

lass innig mich verbunden

auf ewig sein mit dir.

Einst schauen meine Brüder

auch wieder himmelwärts,

und sinken liebend nieder,

und fallen dir ans Herz.

 

(c) Novalis (Friedrich von Hardenberg; 1772–1801)

– vertaal deur Robert Schall

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Boerneef – vertaling in Duits
Robert Schall. Verse en landskap: Boerneef en die Seressekro →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d