Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 201917 April 2019

Nuwe publikasie: Stof en ster (Pieter Fourie)

Stof en ster

Pieter Fourie

Deernisvol verken die digter in hierdie bundel ʼn denkbeeldige gemeenskap met herkenbare karakters. Die gedigte verbeeld samehorigheid en verlies in ʼn spektrum van komiese en dramatiese emosies.  Polsend van liefde en die lewe, deurspek met legendes en mites, word die dorpie in sy tydlose volheid vertoon. Uiteindelik vind die leser in die karakters se universaliteit sy of haar eie kleurvolle menswees terug.

Oor die outeur:

Die skrywer is ‘n Hertzogpryswenner, asook een van die mees bekroonde en bekendste dramaturge in Afrikaans. Benewens skrywer is hy ook ‘n ervare akteur, regisseur en toneelorganiseerder. Hy ontvang sy ere-doktorsgraad in 2011 (dieselfde jaar as Desmond Tutu) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy vorige twee digbundels is Knapsekêrels (2017) en Bidsnoer (2018).

Hierdie bundel word ywerig ingewag deur gewone lesers sowel as akademici.  [Naledi, 2019, R220, Sagteband, ISBN 978-1-928426-70-7]

*
smiddae sit willem stoepsluimer
knip ’n uiltjie en wag die skemer in
die leë bed laat hom snags koud
sy liewe bet was net dertig jaar oud

vannag kyk hy sterre en mymer

triljoene korrels kalkskerfiegruis
sleep breed ’n wit uitspansel oop
hang dynswit ’n spikkelwindseil
wat deur alle eeue die dag in loop

(Uit: Stof en ster. Pieter Fourie. Naledi, 2019)

 

.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: Stof en ster (Pieter Fourie) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • johan swanepoel. bloudruk
  • Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
  • Christa Kleynhans. Omgekeerde Borduurwerk
  • Christa Kleynhans. Oggend inventaris
  • Miel Vanstreels. Weer eens

Nuutste kommentaar

  1. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

  2. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d