Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 2019

Twee nuwe publikasies: Brisant (Hein Viljoen) & Alchemie van my muse (Pieter Hugo)

Brisant

Hein Viljoen

omslag

Hierdie bundel is ‘n postmoderne spanningsverhaal in epiese digvorm in die voetspore van moderne tekste soos Awater en The Waste Land. Dit vertel die verhaal van die verset van ‘n baie gewone man teen sy mislukkings en teen die magte wat sy lewe beheer – ‘n verset waarin hy hom gaandeweg laat verlei om ‘n bomplanter te word. Die sentrale temas van liefde, verraad en vergelding word uitgespeel in ‘n ryk intertekstuele verwysingsveld.

Biografie: Hein Viljoen is die skrywer van twee vorige digbundels. Waterkristal verskyn in 1982 en Holtrom en groot kabaal in 2007, naas ’n aantal gedigte in Literator en op Versindaba. Hy is afgetrede professor in Afrikaans en Nederlands by die Noordwes-Universiteit. Hy is medeskrywer van Alkant olifant (1988), ’n inleiding tot die literatuurwetenskap, en ook twee bundels opstelle, nl. Storyscapes (2004) en Beyond the threshold (2007). In 2013 het ’n derde bundel opstelle verskyn, nl. Crossing borders, dissolving boundaries  (2013). (Naledi, 2019. Sagteband, R220; ISBN 978-1-928426-66-0)

 

.

 

Alchemie van my muse

Pieter Hugo

Omslag

Alchemie van my muse is ‘n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word. Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a.  Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn.

Biografie: Pieter Hugo was een van die debutante in Nuwe stemme 4 van 2010. Van sy gedigte het ook al verskyn in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Hy was voorheen ‘n onderwyser en ‘n gemeenskapsontwikkelaar. Hy woon tans in Kaapstad en dien op die bestuur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens.  (Naledi, 2019. Sagteband, R220; ISBN 978-1-928426-73-8)

OGGENDLIED

.
Skemeroggend op die balkon
vryf ek my oë in ongeloof:

Die stad lê nog liggies en slaap
al vloek die hadedas reeds in gebroke
gregoriaanse gesange heelpad Bo-Kaap toe
van waar ’n paar muezzins verbete probeer paai.

.
Ver vanuit die vlakte begin die dag
onverbiddelik meganies
om den brode grom.

(Uit: Alchemie van my muse. Pieter Hugo, 2019)

.

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: Alchemie van my muse (Pieter Hugo) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • johan swanepoel. bloudruk
  • Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
  • Christa Kleynhans. Omgekeerde Borduurwerk
  • Christa Kleynhans. Oggend inventaris
  • Miel Vanstreels. Weer eens

Nuutste kommentaar

  1. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

  2. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d