Vir Breyten
dankie vir die wit en swart tuistes
deur die hand
wat aanhou geraas bly maak:
ʼn singende aurora van Afrikaans
wat oor (en oor): die ou dae moes rep
om die leuen te besweer
en sal aanhou prentjies verskaf
as rigtingwyser vir die hart van ʼn taal – 16 September 2022
Breyten Breytenbach. Vertaling uit Afrikaans in Engels. Vert. deur Bester Meyer.
3.8 (jailbird)
I am a nightbird en route to you
through sprigs of time
in nebs of darkness
over savannas and plains
over the meaning of herded cows
the experience of nightly seasons
when butterflied freedoms break from larval states
when the moon turning to warm
past the remembrance of hidden secrets
stigmatata of the artichoke
and the zealous growth of shaddocked farms
that’s how I am coming to you
I am the nightbird en route to my you
growing over yesterdays and countless countries
carried in the violent run of a hungry beast of prey
in the startling flight of timid doves
when snicking away before the sun
sunken in the blue rookery eyes of sailors
weaved in the train of dawn’s bitter carcass
when night whistles through legs
that’s how I am coming to you
with all the atlases without roads
because I am the nightbird
without the gifted beauty of red feathers
but my breath deep and dark red with yearning
3.8 (tronkvoël)
ek is ʼn nagvoël op reis na jou
deur skeute in die tyd
in die tuite van die donker
oor steppe en savannas
oor betekenisse van kuddes koeie
die ervarings van nagtelike seisoene
as skoelappervryhede uit larwestate breek
die maan warm word
verby herinneringe aan geheime
stigmatata van die artisjok
en die ywerige groei van plase pampelmoes
so kom ek na jou toe
ek is die nagvoël op reis na my jou
ek kom oor gisters en baie lande
gedra in die driftige draf van die honger roofdier
in die waaierende vlug van skugtere duiwe
as hul wegskram voor die son
gesink in die blou kraainesoë van matrose
verweef in die skemer trein se bitter lyf
as die nag deur die bene fluit
so kom ek na jou toe
met al my kaarte sonder paaie
want ek is die nagvoël
sonder geskenke of die mooi van rooi vere
maar my asem lank en rooidiep van verlange
In Engels vertaal soos geneem, en oorspronklik verskyn in: Lotus, Jan Blom, Taurus. 1970.

16 September Slaggate
Anderman pak pampoene vir sy skuilgat. In rowwe slote en slaggate soos ‘n mol. ‘n Knaagdier wat troos soek in die groot growwe grap van nog ‘n jaargang. Pampoenpitte is dae wat nie wil groei nie. En hy word nou grys van kop tot sole. Die voels moet kom. Hulle gladde lekkende koppe sal hom op pik en hom wegdra want vandag is die sestiende september.
Waarookal ons land los ek vir jou ‘n verjaardagversie. ‘n Blaaitjie met my woorde van min belang. Hoe skryf mens jy jouself ingelyf met ‘n gedig van Jan Afrika dan?
Elke lees is ‘n nuwe verlede. Elke jaar word dit meer, maar tog minder in die skemering van geheue. Ek wil lag/huil. Weer en weer…maar ek onthou maar van die sestiende september.
16/09/22