Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 2022

Breyten Breytenbach. Vertaling uit Afrikaans in Engels

 

Vir Breyten

 

dankie vir die wit en swart tuistes

deur die hand

wat aanhou geraas bly maak:

ʼn singende aurora van Afrikaans

wat oor (en oor): die ou dae moes rep

om die leuen te besweer

en sal aanhou prentjies verskaf

as rigtingwyser vir die hart van ʼn taal    – 16 September 2022

 

 

Breyten Breytenbach. Vertaling uit Afrikaans in Engels. Vert. deur Bester Meyer.

 

3.8       (jailbird)

 

I am a nightbird en route to you

through sprigs of time

in nebs of darkness

over savannas and plains

over the meaning of herded cows

the experience of nightly seasons

when butterflied freedoms break from larval states

when the moon turning to warm

past the remembrance of hidden secrets

stigmatata of the artichoke

and the zealous growth of shaddocked farms

that’s how I am coming to you

 

I am the nightbird en route to my you

growing over yesterdays and countless countries

carried in the violent run of a hungry beast of prey

in the startling flight of timid doves

when snicking away before the sun

sunken in the blue rookery eyes of sailors

weaved in the train of dawn’s bitter carcass

when night whistles through legs

that’s how I am coming to you

 

with all the atlases without roads

because I am the nightbird

without the gifted beauty of red feathers

but my breath deep and dark red with yearning

 

 

3.8       (tronkvoël)

 

ek is ʼn nagvoël op reis na jou

deur skeute in die tyd

in die tuite van die donker

oor steppe en savannas

oor betekenisse van kuddes koeie

die ervarings van nagtelike seisoene

as skoelappervryhede uit larwestate breek

die maan warm word

verby herinneringe aan geheime

stigmatata van die artisjok

en die ywerige groei van plase pampelmoes

so kom ek na jou toe

 

ek is die nagvoël op reis na my jou

ek kom oor gisters en baie lande

gedra in die driftige draf van die honger roofdier

in die waaierende vlug van skugtere duiwe

as hul wegskram voor die son

gesink in die blou kraainesoë van matrose

verweef in die skemer trein se bitter lyf

as die nag deur die bene fluit

so kom ek na jou toe

 

met al my kaarte sonder paaie

want ek is die nagvoël

sonder geskenke of die mooi van rooi vere

maar my asem lank en rooidiep van verlange

 

In Engels vertaal soos geneem, en oorspronklik verskyn in: Lotus, Jan Blom, Taurus. 1970.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Vertaling in Engels
Nuwe Publikasie. André Brink: Lobola for life →

1e kommentaar op “Breyten Breytenbach. Vertaling uit Afrikaans in Engels”

  1. Charles Tait says:
    16 September 2022 at 20:17

    16 September Slaggate

    Anderman pak pampoene vir sy skuilgat. In rowwe slote en slaggate soos ‘n mol. ‘n Knaagdier wat troos soek in die groot growwe grap van nog ‘n jaargang. Pampoenpitte is dae wat nie wil groei nie. En hy word nou grys van kop tot sole. Die voels moet kom. Hulle gladde lekkende koppe sal hom op pik en hom wegdra want vandag is die sestiende september.

    Waarookal ons land los ek vir jou ‘n verjaardagversie. ‘n Blaaitjie met my woorde van min belang. Hoe skryf mens jy jouself ingelyf met ‘n gedig van Jan Afrika dan?

    Elke lees is ‘n nuwe verlede. Elke jaar word dit meer, maar tog minder in die skemering van geheue. Ek wil lag/huil. Weer en weer…maar ek onthou maar van die sestiende september.

    16/09/22

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Doeblet
  • Marthé McLoud. Geskil
  • Dylan Allen. 1984
  • PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2026
  • Nuwe Bundel. Chestlyn Draghoender: OM TE LET GO

Nuutste kommentaar

  1. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  2. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  3. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  4. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  5. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d