Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 December 202215 December 2022

Digtersprofiel: Philip de Vos

 

 

Philip de Vos is op 16 Junie 1939 in Bloemfontein gebore. Hy is ’n oud-onderwyser, oud-operasanger, fotograaf en versiemaker. Hy is veral bekend vir sy lawwe verse en limericke en het sedert 1984 dertig boeke in beide Afrikaans en Engels asook verskeie rymvertalings gepubliseer.

Sy eie Engelse weergawe van die Karnaval van die Diere het in die VSA verskyn asook in vertaalde vorm in Italië, Duitsland en Nederland. Hy het ook reeds hierdie verse saam met simfonie-orkeste voorgedra. Meer as 20 komponiste het van sy werk getoonset, onder andere: Albie Louw, Pieter de Villiers, Peter Klatzow en Franco Prinsloo en sy CD Brommer in die Sop, waarop hy die Albie Louw-toonsettings van sy versies sing, is in 1998 vrygestel asook ‘n DVD waarin hy as voorleser saam met die Gauteng Filharmoniese Orkes optree met sy Afrikaanse beryming van Pieter en die wolf en Saint-Saëns se Karnaval van die diere.

Twee van sy boeke: Wolfgang Amadeus Muis en Tokkelossiebossie (en ander dol gedoentes) is op die internasionale White Ravens Award-lys.

Die meeste van sy boeke is geïllustreer deur Piet Grobler.

Hy het ook ses reekse oor die lewens en musiek van ses klassieke komponiste vir RSG geskryf en was terselfdertyd die aanbieder daarvan.

De Vos ontvang oor die jare etlike pryse vir sy skryfwerk, waarvan o.a. die Eugène Marais-prys vir Daar’s Bitterals in die Heuningwals (1989), die MER- en Alba Bouwer-prys vir Moenie ‘n mielie kielie nie (1996), asook internasionale IBBY pryse vir sy vertaalwerk. In 2015 ontvang hy die KykNet Fiësta Lewensbydraetoekenning vir Musiek, Letterkunde en Woordkuns en in 2021 die Children’s Laureate Award.

Behalwe vir sy skryfwerk, word sy fotografie ook met vele pryse bekroon.

Hy woon in Kaapstad met sy lewensmaat Peter Theron en hulle geliefde Staffie Brinji.

Hier is vier skakels:

 

philip de vos lewenstoekenning – YouTube

THE JOURNEY – a photographic essay by Philip de Vos – YouTube

The South African poet Philip de Vos reads some of his English light verse – YouTube

Op die duineveld van Bloubergstrand – Philip de Vos & Albie Louw – YouTube

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Philip de Vos
5 gelukkige digters ontvang geskenk-boeke →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • johan swanepoel. bloudruk
  • Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
  • Christa Kleynhans. Omgekeerde Borduurwerk
  • Christa Kleynhans. Oggend inventaris
  • Miel Vanstreels. Weer eens

Nuutste kommentaar

  1. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

  2. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d