Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 September 202215 August 2022

Digtersprofiel. Philip de Vos

 

Philip de Vos is op 16 Junie 1939 in Bloemfontein gebore. Hy is ’n oud-onderwyser, operasanger, fotograaf en versemaker. Hy is veral bekend vir sy lawwe verse en limerieke en het sedert 1984 dertig boeke en verskeie rymvertalings gepubliseer.

Sy eie Engelse weergawe van die Karnaval van die Diere het in die VSA verskyn asook in vertaalde vorm in Italië, Duitsland en Nederland. Hy het ook reeds hierdie verse saam met simfonie-orkeste voorgedra. Veertien komponiste het van sy werk getoonset en sy CD Brommer in die Sop, waarop hy die Albie Louw-toonsettings van sy versies sing, is in 1998 vrygestel.

De Vos ontvang oor die jare klomp pryse vir sy skryfwerk, waarvan o.a. die Eugène Marais-prys vir Daar’s Bitterals in die Heuningwals (1989), die M.E.R-prys vir Moenie ‘n mielie kielie nie (1996), asook internasionale pryse vir sy vertaalwerk. In 2015 ontvang hy die KykNet Fiësta Lewensbydraetoekenning vir Musiek, Letterkunde en Woordkuns.

Behalwe vir sy skryfwerk, word sy fotografie ook met vele pryse bekroon

Luister na ‘n video-greep  op YouTube van Philip de Vos & Albie Louw [klavier] tydens sy optrede by Versindaba 2007.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Izak Louis de Villiers
Digtersprofiel. Clinton V du Plessis →

2e gedagtes oor “Digtersprofiel. Philip de Vos”

  1. Elmarie van Kampen says:
    19 September 2022 at 21:33

    Ek het nooit besef hoe talentvol en veelsydig Philip de Vos is nie en ek moet tot my skande erken dat ek nog niks van hom gelees het nie. Ek gaan beslis werk maak daarvan wanneer ek weer by die biblioteek kom. Baie dankie.

    Reply
  2. Elmarie van Kampen says:
    19 September 2022 at 21:31

    Ek het nooit besef hoe talentvol en veelsydig Philip de Vos is nieen ek moet tot my skande erken dat ek nig niks van hom gelees het nie. Ek gaan beslis werk maak daarvan wanneer ek weer by die biblioteek kom. Baie dankie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • johan swanepoel. bloudruk
  • Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
  • Christa Kleynhans. Omgekeerde Borduurwerk
  • Christa Kleynhans. Oggend inventaris
  • Miel Vanstreels. Weer eens

Nuutste kommentaar

  1. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

  2. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d