Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 January 2023

Joan Hambidge. Susan Sontag (1933 – 2004)

 

Susan Sontag (1933 – 2004)

 

Siekte was altyd daar:

jou vader sterf aan tuberkulose

en hierna sou jy polifonies

oor siekte-in-al-sy-gedaantes skryf:

 

siekte as metafoor,

oorlog as kanker,

jou moeder se longkanker;

jy gediagnoseer met leukemie.

 

I, etcetera sou mens kon skryf

oor jou onvermoeide analise

van ander se pyn of dalk

‘n soort Death Kit?

 

Dramatiese ironie toe jy uitgestal

word deur Annie Leibovitz,

‘n vulkaniese geliefde, in foto’s

wat jou siekte uitblaker.

 

Die private word openbaar

soos afdrukke wat ‘n siel steel.

Jou lewensloop bewys:

besinning spruit uit ónmag.

 

© Joan Hambidge, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Dubbelster: Dubbelportret
Joan Hambidge. Digterlike diagnose →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bester Meyer
  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d