Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 October 202331 October 2023

Nuwe Publikasie. Johann Wolfgang von Goethe: Faust 

Faust 

Johann Wolfgang von Goethe

Vertaal deur Robert Schall

 

Omslag

Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) is stellig die grootste Duitse digter; Goethe se drama Faust is sy bekendste werk en een van die grootste literêre werke in die Westerse kanon.

Die hoofkarakter, Faust, begeer onbeperkte kennis, mag en aardse genot, en in sy strewe daarna verkoop hy sy siel aan die duiwel. Die gevolge is ontstellend en bring groot ongeluk oor dié wat hom die naaste aan die hart lê. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin.

In tye waarin ons eie land gebuk gaan onder die vergrype van die grotes en magtiges, is Faust ʼn werk wat ons tot nadenke oor ons self behoort te stem. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin. Daarmee verteenwoordig hy ook politieke maghebbers én, op filosofiese vlak, die sistemiese verval van die moderne samelewing.

Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks. Sowel die “verhewe” taal van die aanvangstonele en van Faust se alleensprake, asook die “boerse”, soms vulgêre taal van ander tonele (“Voor die poort”, “Auerbach se kelder in Leipzig”, “Heksekombuis”, “Walpurgisnag”) vind ʼn tuiste in Afrikaans.

Oor die outeur

Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) was ʼn Duitse digter, natuurwetenskaplike en regsgeleerde. Goethe is een van die grootste digters in Duits, en baie beskou hom as dié grootste Duitse digter. Hy is die skepper van ʼn magdom liriese en epiese poësie, dramas, romans, novelles, reisliteratuur en outobiografiese geskrifte. Daarbenewens het hy Franse, Engelse, Italiaanse, Spaanse en klassieke Griekse literatuur in Duits vertaal, en kuns-, literatuur- en natuurwetenskaplike werke gepubliseer.

Oor die vertaler

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Hy studeer aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018. Hy vertaal GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche (Kuiseb Publishers, 2005). Sy vertaling van ʼn bloemlesing uit die werk van die veelbekroonde Duitse digter Jan Wagner, uitgevoer as deel van ʼn meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat, verskyn in 2021 by Naledi onder die titel Wat ek van klippe weet. Dit was op die kortlyste van die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk en van die UJ Prize for Literary Translation.

 

[Naledi 2023. Prys: R260,00. Formaat: 213 mm x 137 mm. 254 bladsye. ISBN: 978-1-991256-52-2]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← (3) Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832). Vertaling in Afrikaans

1e kommentaar op “Nuwe Publikasie. Johann Wolfgang von Goethe: Faust ”

  1. Marianne de Jong says:
    31 October 2023 at 09:32

    Faust is nie ‘n bundel nie maar ‘n drama, grotendeels in versvorm – nog meer uitdagend vir ‘n vertaler.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d