Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 202425 July 2024

Joan Hambidge. Wallace Stevens en Danie Marais

 

I

Só word Danie Marais se jongste bundel, uitgegee deur Tafelberg, bemark:

 

Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.

 

Die unbearable whiteness of being impliseer uiteraard Milan Kundera se bekende teks wat in 1984 verskyn het as The Unbearable Lightness of Being. Die verhaal speel af in Praag in die laat sestiger- en begin sewentigerjare. Die kuns en intellektuele bestaan is die ondergrond van hierdie teks met die Sowjet-Unie se inval en die impak op mense.

Danie Marais se bundel ondersoek witheid en die moderne jonger generasie se ervaring van hoé ander stemme oorvleuel met ons s’n, maar ook uitsluit en kritiseer. Hoe wit mans in die moderne saamlewing gebrandmerk word deur die Ander. Daar bestaan terme soos toksiese manlikheid met toenemende kritiek op die patriargie as net negatief.

Westerse filosofie en psigoanalise helaas kan egter nie ontkom van die naam-van-die-vader nie. In nomine Patris.

Die ruimte van hierdie bundel is veral Stellenbosch. ‘n Universiteitsdorp wat die afgelope tyd geweldig baie in die nuus was: taaldebatte; NefieGate; urinering op ‘n swart studentemaat se rekenaar wat gelei het tot sy skorsing; stryd tussen die konvokasie en die rektoraat; ‘n poging om ‘n manskoshuis (Wilgenhof) te sluit; herinneringe aan die apartheidheidstydvak toe bruin mense onwelkom was op Stellenbosch; polemieke oor Gaza en Israel …

Dit, en veel meer, is waarop hierdie bundel inspeel. Ek en jy bestaan nie …

Wie is die ek? En wie is die jy?

Ek (digter) dalk teenoor Jy (die leser of aangesprokenes).

Die koue burgeroorlog teenoor die gewelddadigheid van werklike oorloë word geaktiveer.

Die stil geweld van ‘n egskeiding en ‘n jong kind se vrae oor die hoekoms en waaroms, kom ook aan bod.

 

II

Die voorblad van Anton Kannemeyer verklap alles: suburbia en die Weber. Met die agterplat: “die Geskiedenis se medelye hou op waar die suburbs begin”. Matt Berninger word hier betrek.

 

 

Daar is verskeie sleutels vir die oopmaak van hierdie bundel: soos Raymond Carver en Tony Hoagland.

En Bukowski, altyd ‘n gewilde digter vir die parlando-digters. Cormac McCarthy wat ‘n sterk manlike stem is, is ook hier.

Opvallend dat die digter ook vra dat vorige weergawes van gedigte hiermee herroep word. ‘n Selfgesprek dus met ouer weergawes waar daardie “jy” nie meer is wat “hy” was nie?

Daar is verwerkings, vertalings, optelverse, selfs ‘n whatsapp-vers en ‘n gesprek met Van Wyk Louw.

Die vertaling Tony Hoagland se “White Writer” uit Application for Release from the Dream (2015) is skitterend soos die herdigting van Carver as “Die bakker” (97).

Die slot van die bundel is onthutsend.

‘n Voertuig is op pad (116) wat gelees moet word saam met die gedig “Skiet herlaai” (20).

Deurgaans is die leser bewus van ontnugtering wat soos ‘n swart draad deur die verse loop. (Wees gewaarsku: dis verse wat jou as leser kan melancholies maak, veral op ‘n Sondagaand. Die digter ruk jou dikwels aan die keel. Jy word gewaarsku in die motto uit Churchill Naudé:

 

Verdriet is ‘n armed struggle

Verdriet is ‘n Groot Trek

Verdriet is ‘n dom bleddie dôner met ‘n groot bek (“Verdriet”, 29).

 

Krog, Tsjekof, Willem Anker en vele ander sprekers help ons om die woorde van Cecil Boesak te verstaan in “Cecil, kom in, kom in” (50). Hier, in ‘n vreemde Duitse ruimte, waar Afrikaans gemis word en misverstande steeds voortduur.

“Van skuld en skaamte” (64) neem Bitterkomix en al die debatte rondom die sensuur op hierdie komiekstripkunstenaars onder die loep, veral uit die perspektief van ‘n kind en Sweetness. Ook die stiefboetie van 11 word aan die woord gestel.

‘n Besonder sterk polemiese vers is “Die paneel” (100) wat sterk inspeel op die titel van die bundel. Dit speel af in die Artscape se Velvet Room en die vraag: mag ‘n wit digter ‘n bruin een invra? Wit skuld, white fragility, virtue signalling word hier ingespan en met slim intertekste amplifiseer en fnuik Marais die ellendes van ons tyd.

The Empire Strikes Back word immers ook metafories ingespan in die postkoloniale debat as The Empire Writes Back. Daardie studie deur Ashcroft, Griffiths & Tiffin uit Australië.

 

“Wit trane is net sout

in ou wonde”  …

 

Van aanvanklik seergemaak wees, verander in benoudheid. Inderdaad. Maar woede is ook pyn.

‘n Komplekse gedig wat die “hartvrot-akkerblare” van die dorp uitruk tot die begrip van sy bruin digter se pyn (en opstand).

 

III

Die programgedig (“Wat is daar hier?”) open met ‘n motto uit Stevens se beroemde vers:

What is there here but weather?

In Marais se bundel dan verskillende vaarwelle: mislukte verhoudings en veral ‘n wete dat sekerhede nie meer bestaan nie. En die gesprek met Wallace Stevens waaroor ons die afgelope tyd gepraat het, aktiveer altyd die plek van die digkuns en die verhouding tussen die intieme en die openbare. Die ek en die jy. Die aannames en onrus.

 

Waving Adieu, Adieu, Adieu

That would be waving and that would be crying,
Crying and shouting and meaning farewell,
Farewell in the eyes and farewell at the centre,
Just to stand still without moving a hand.

In a world without heaven to follow, the stops
Would be endings, more poignant than partings, profounder,
And that would be saying farewell, repeating farewell,
Just to be there and just to behold.

To be one’s singular self, to despise
The being that yielded so little, acquired
So little, too little to care, to turn
to the ever-jubilant weather, to sip

One’s cup and never to say a word,
Or to sleep or just to lie there still,
Just to be there, just to be beheld,
That would be bidding farewell, be bidding farewell.

One likes to practice the thing. They practice,
Enough, for heaven. Ever-jubilant,
What is there here but weather, what spirit
Have I except it comes from the sun?

https://jayx2.livejournal.com/63285.html    Besoek 22 Julie 2024

 

Joan Hambidge

Kaapstad 22 Julie 2024

 

 

Bronne:

 

Ashcroft, Bill; Griffiths, Gareth & Tiffin, Helen. 1989. The Empire Writes Back. Oxfordshire: Taylor & Francis Group.

Stevens, Wallace. 1990. The Collected Poems of Walllace Stevens. New York: Vintage-Random-House.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Wallace Stevens en Danie Marais”

  1. Mellet Moll says:
    24 July 2024 at 15:47

    Baie dankie, Joan. Die resensie is uiters insiggewend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d