Skisofrenie
‘n kind wat anders is
in die perfekte lewe
vertoef zero chaos nie
‘n intellek desimaal
is die vierkantswortel
van geduld wat skuil
in vlieg en veg
hier vermy sy oogkontak
met Middernag
want dis wanneer Tagtig
huis toe kom
en wanneer Fokus vlug
van sy gedagtes af
Wonder is my vriend
200 is nege maar is ouer
as Vyftien, omdat
hy vinniger is
Drie sal hom vang
maar net wanneer
hulle lettergrepe jaag
Tienuur se hare is grys
en hy verskyn net wanneer sy
haar hande klap
Opsomming:
Calalini is die kat en
Stimuli is die mannetjie
wie se skuld alles is.
© Anne-Marie Bartie, 2026
