Foto 8: Weerkaatsings
stillewe
klanke tussen meteoriete
en satelliete word onderbreek
‘n flitsraam-oomblik van sinnestilte
word verstalt in die purper heelal
my hart skandeer polle sneeu
wat sluik en silwer lê, ook
oor die kliprant in die verte
vir iets van jou wat kom agterbly
die verterende hunkering
is lankmoedig en voortdurend,
die doodsheid is ryp en getuiglik
van die rymlose stem in my
hier waar hemel en die landskap
van my liefde vir jou omvat word
en tot op die bitter einde wei
© Anne-Marie Bartie, 2026

Pragtig Annie
Dankie!