Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 June 2026

Anne-Marie Bartie. slenterskemer

 

 Foto 5 -Skemeraand met volmaan

https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678

 

slenterskemer

 

vir NPVWL met respekte (Nog in my laaste woorde)

 

soos die daguur voor my sneuwel

is my spore vol berou oor lankgister

se immer onvoltooide kring

 

ek dra jou op, my jeug se liefste,

aan die voornag se maan,

wat vόl in haar majestueuse gibbe

roerloos in oopgelate vlam

nes jou beeltnis agter my oog,

aan die lug bokant ‘n kliprug

teen die dag se bloute hang

 

ek stap hink en uitgeloods,

oor die stofstraat van weleer

hande agter die rug gevou

oud, ‘n spits figuur, swart

in oomblikgang ver verwyder

van die woorde wat lewe

in sinkdak huise weerskante

van skouers wat willoos vooroor sak

 

die gedagte aan jou, my lief,

sal die laaste wees soos díé pad

want jy was ‘skoon en sterk en blind’

en met ieder denk, brand jou beeld

in my, as ‘n fisiologiese korrelaat

 

© Anne-Marie Bartie,2026

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. stillewe

1e kommentaar op “Anne-Marie Bartie. slenterskemer”

  1. MC du Plessis says:
    30 June 2026 at 13:11

    SLENTERSKEMER is ‘n treffende en diepgaande besinning en gedagtes oor identiteit en verlies van die verlede. Dit oorbrug die gaping tussen taal en universele emosie, en balanseer dikwels alledaagse realiteite met ryk, suggestiewe beeldspraak wat eg Suid Afrikaans is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
  • Johann Lodewyk Marais. Saterdagaand

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d