Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 August 2026

Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)

 

 

Living the ultimate carnivore lifestyle: A South African guide & cookbook. Hendrik Marais. Penguin Books, 2026.

Die agterbladteks adverteer Hendrik Marais se Living the ultimate carnivore lifestyle soos volg:

It’s time to ignore the noise and start listening to your body … to discover what works best for you.”

Die skrywer, Hendrik Marais, het bekendheid verwerf vir sy boeke oor die Ketogeniese leefstyl waarin hy sy eie ervaring met gewigverlies deel. Sedertdien het dit een van sy belangrikste projekte geword om ook ander te motiveer om gewig te verloor deur ʼn gesonde leefstyl te handhaaf deur die vestiging van eenvoudige dog effektiewe eetgewoontes.

Living the ultimate carnivore lifestyle is ʼn keurige, kleurryke resepteboek met aantreklike kleurfoto’s by elke dis. Die boek is op swaar, duursame papier gedruk wat beteken dat dit heelwat jare in die kombuis sal kan oorleef.

Tog is hierdie nie maar nóg ʼn mooi resepteboek nie. Die konsep van die karnivoriese dieet word onderlê deur deeglike, wetenskaplike navorsing wat die skrywer in die inleidende deel van die boek uiteensit. Hy stel dit duidelik dat die boek nie voorskriftelik te werk gaan of op die beginsel van skuldig-voel-as-jy-oortree gebaseer is nie. Die karnivoriese dieet is nie ʼn streng dieet nie, maar verskaf riglyne wat gevolg kan word na gelang van individuele voorkeure of behoeftes.

In Deel 1 word die fundamentele beginsels van die dieet (as ʼn aspek van die ketogeniese dieet) deeglik en wetenskaplik uiteengesit en word die voordele van dié leefstyl bespreek. Daar bestaan verskeie variante van die dieet, onder andere die “leeudieet”, streng karnivoriese dieet, ontspanne (relaxed) karnivoriese dieet en verskeie diëte wat klein hoeveelhede van sekere koolhidrate en plante toelaat. Hoe ʼn karnivoriese dieet in die praktyk werk en hoe mens dit by jou gewone leefstyl in die praktyk kan integreer, word uitvoerig bespreek, en ʼn sinvolle 4-faseplan word voorgestel.

Deel 3 van die boek word gewy aan wetenskaplik begronde maaltydbeplanning vir verskillende tipes diëte wat in tabelle met foto’s van elke gereg uiteengesit word. Daarna volg ʼn inkopielys en pp. 49 – 189 bevat keurig geïllustreerde resepte. Die Indeks is ʼn groot pluspunt vir die boek, maar ek mis ʼn bronnelys.

Ek het Living the ultimate carnivore lifestyle een van die interessantste resepteboeke gevind wat ek ooit onder hande gehad het. Hoewel ek nie na ʼn karnivoriese dieet gaan oorskakel nie, het ek talryke gesondheidswenke raakgelees. Die dieetkundige inligting het my beïndruk, asook die heerlike resepte en die uitsonderlike foto’s wat elk ʼn kunswerk op sy eie is. Ek gaan beslis hierdie boek op my koffietafel uitstal wanneer ek nie in die kombuis doenig is nie.

Onnodig om te sê, is hierdie ʼn boek vir almal wat gewig wil verloor, wat ʼn gesonder leefstyl nastreef en vir diegene wat stylvol wil onthaal en daagliks gesond en interessant wil eet.

– Marlies Taljard

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d