Onse Raka
Vir: NP – net ’n paar vrae asseblief
Ons het soos Koki gesterwe. Miskien sal
niemand mooi dinge van ons weet.
In Raka heil u ’n besondere dier
in heimatbegrip word sy instinkte in vier-
heffingsverse vyfafdelings op aandag geroep.
Oer en Kraal word wedersydsintens opgestel;
Koki ’n stil dans gegun. U het geweet
veelkantig skuil Raka skuwerig (in almal):
dwaas een-wat-spoeg ’n aap-mens
iets dodeliks en duisters aan ’n troebelgrens.
Geen epiese gewag oor die Vis of
die Blou Kranse nie. Profeteer u Koki is
die een wat sou dwaal, snuif of
het u bedoel dis onse
Raka by ’n laer?
Sy visnette hang los, matte ongevleg
die klei-oond koud. Vereis wat hy doen
’n Getsemané-oomblik oor
die ewige kom en keer van ’n wand/ wit water oor ’n erg grys strand,
die onrus onder die oppervlak te aanvaar?
Word Kraal nou Oer of sal
die edelste wagter langs sy vuur warm word? Sal ons
aan sy bloed getrou die mooi dinge uit u pen,
sy skerp assegaai, onthou:
orde versus die instink van die enkeld dier?
© Koos de Wet, 2026
