Foto: 25 – Alleenspraak 1935
https://photos.google.com/share/AF1QipNhuaXYqr18bBxsrxd_D1FV8CUccsQdQRfX4bbNhl4fYuF_
in sy woorde
na N.P.van Wyk Louw se handgeskrewe nota aan sy ouers: “Aan Mammie en Pappie met liefde”. 27Julie1935. met handtekening.
I
aan W.E.G.: ou broer, danksy jou dig ek weer.
aan my bron: liewe ouers.’n bundel. ’n debuutsaluut vir u.
met liefde.
II
in dié geborgenheid:
is waarheid skemers ten spyt. helder.
teerheid per nota. liefde in verse. anders.
die handtekening:
deeglikheid versus emosie. ’n etiese
verantwoordelikheid.
alleenspraak:
’n meervoudige begrip. in punktuasie
gestip. ’n tweegesprek.
© Koos de Wet, 2026
