Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 August 202625 August 2026

Emmie Bekker. Nuusbrief 0.1

 

Goeie dag,

 

Ek dink ek skryf in die hemel in maar Oupa Pirow het Versindaba gereeld as sy klankbaan gebruik so as daar een plek is waar hy nog ‘n oog sal hou is dit hier.

Oupa het geweet van ons eersteling, maar daai eersteling het gekom en gegaan saam met die begrafnis. Kort daarna is die volgende eersteling oppad en hy is nou amper vier maande oud. Ons het in Keimoes onder die maansverduistering uitgevind van hom. Ouma kan nooit onthou nie maar ek weet Oupa sou dit geniet het.

Elkgeval, ek is ver van ‘n digter af, maar as Oupa nog hier was sou ek ‘n herdruk van Slaapmaats in Hadihie Hadida voorstel.

Die gedig gaan:

 

Die klein maantjie

lê op sy rug:

hy’s net soos ek

moeg gerinkink,

was heeldag weg.

Nou-nou slaap ook hy,

skoongewas en blink.

 

Nou, ek sou vir Oupa voorstel dat ons die “ek” in lyn drie verander na “jy” want as ons die gedig lees vir al die maats om slaaptyd, maak ‘n “jy” meer sin.

Ek kan dit nie met Oupa deel nie, maar die gedig met my verander is nou ons slaaptyd rympie. Eendag sal Robbie dit saam sê. Dalk kan een van julle meer gekwalifiseerde mense net saamstem met my dat ons in ons harte daai verandering kan maak.

Dis nou weer amper slaaptyd in ons huis.

Liefde en groete

Oupa Pirow se kleindogter met die jongste agterklein ding

Emmie Bekker

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Pirow Bekker: Die bloei van blomme

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

  2. FRANCO COLIN on Loftus Marais. Veksilologie22 October 2026

    Merkwaardige beeld wat maar net weer die "show-don't-tell" beginsel by uitnemendheid bevestig.

  3. Jacobus Swart on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Welsprekende digter; welsprekende resensent.

  4. Fer on Andrea Sieberhagen. Sterrewag22 October 2026

    'n Treffende huldeblyk aan NP.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)21 October 2026

    Baie dankie aan Marlies Taljard vir haar noukeurige lees van Spiraal. Ek is dankbaar vir die gedigte wat sy as…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d