Uit “Mondmis”
ek kan nie eens dink hoe sulke woorde
in enige sterflike se mond kom kan val nie
of hoé helder dit moet kink as engele
snags in die tuin vir wurms moet bid
of hoé sterre op die nok van
‘n Wellingtonse dak kan sit
ek kan nie die diepte van hierdie
verlange, hierdie onuitspreeklike
verdriet van ‘n verbondeling dink
die uitgewekene verbanneling
wie se grootste seer na sy vader is
ek hoor hoe die korse van sy rowe breek
hoe bloedrou vleis uitspan na die lig
hoe hartshunkering en heimwee klink
hoe ingesink in sy vlees die verlange is
die gedagtes wat maal en forder
ek weet net: hy was reg oor die lewe
dat dit nou en hier is
dat wanneer nou verby is
hoe jy styf en koud en gevoelloos word
dat jy stof word, soos stof wat jy is
© Anne-Marie Bartie, 25 Augustus 2026
