hoe dooier hoe mooier
gister in my droom het ek
`n Kaapse draai gemaak
tussen geel en groentesmaak
by die dooier van lemoen
en die nartjie van my nooi
daar loop ek hom toe raak
`n vergeelde stokou boerpampoen
ek vra my af wat hy hier wil doen
sou hy nog `n verskil wou maak?
en ek wonder of sy skil
die stilte nog kan kraak
© Gunther Pakendorf, 16 September 2022

Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). – Marlies Taljard