Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 September 202629 August 2026

Digtersprofiel: Vincent Oliphant

Vincent Oliphant is op 8 April 1954 op Alicedale naby Grahamstad gebore. Hy het in die vroeë sewentiger jare sowel ’n B.Sc.-graad met Wiskunde en Fisika as hoofvakke as ’n Sekondêre Onderwysdiploma aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal. Gedurende hierdie tyd het hy gedigte in die kampusblad begin publiseer. Die persoonlike aard van sy gedigte het ’n polemiek laat ontstaan oor die aanvaarbaarheid van sulke werk te midde van ’n politieke stryd. Die gedigte van hierdie periode is in 1982 in sy debuutbundel Bloed vloei in stilte deur Tafelberg uitgegee.

Na ’n lang stilte het hy in 1994, kort na die eerste demokratiese verkiesing, weer begin dig. Hierdie gedigte verskyn in die bundel Die sagte vlees wat in 1998 deur Tafelberg uitgegee is.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie bloemlesings insluitende Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Versindaba 2005 en 2006 en Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Hy maak bydraes tot rubrieke in Taalgenoot en Die Burger en publiseer ook van sy gedigte op die Internet op webwerwe soos PoësieNet, die poësie afdeling van LitNet, Kletskerk, southendmuseum en in Meander, ’n Nederlandse tydskrif. By verskeie geleenthede lees hy ook van sy gedigte in die openbaar voor, soos by die Wordfest by die Rhodes Universiteit in Grahamstad en die Versindaba op Stellenbosch.

Vincent Oliphant werk vir die Oos-Kaapse Onderwysdepartement as ’n kurrikulumadviseur. Hy is ook besig met navorsing oor die onderrig en leer van Wiskunde.


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Pieter Odendaal

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d