TERUG
My ouerhuis bestaan
net nog op foto’s, op
‘n skilderytjie en
in my kop,
my pa het dit met sy
eie hande gebou met alles
wat ná die oorlog
van drome oorgebly het,
kort ná sy dood is dit
gesloop om plek te maak
vir nuwe tye,
vandag het ek teruggegaan
en my pa vroegoggend gehoor
besig by sy duiwehok,
terwyl hy die vloer
skoon geskraap het
het hy
met sy duiwe gepraat
liefdevoller
as wat hy ooit
teenoor sy kinders
kon waag.
© Miel Vanstreels, 2026
