Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 September 2026

Willem de Swyger. Ou Steenmaker

 

Foto 17 – Voorstoep. Louwhuis

 

https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678

 

 

“Wie die as gestrooi het, weet niemand meer nie; wanneer dit gebeur het, dit onthou niemand. Niemand kan sê waar presiés die stoflike oorskot van een van Suid-Afrika se grootste manne rus nie.”

– slotparagraaf van ‘Van Wyk Louw, ’n Lewensverhaal’, J.C. Steyn –

 

 

Ou Steenmaker –

 

(i)

Opperman rus onder Papegaaiberg;

Eybers aan die Amstel.

Leipoldt in die Pakhuispas;

Breyten in die Stad van Lig.

 

Maar jý? Jóú as is ongeërg verlê,

soos pluimsaad verwaaid –

Nêrens ’n eie grafsteen

waarop jou naam

in graniet gebeitel is.

 

(ii)

Jou woorde leef voort, naak

en sonder skroom oor grense heen.

Stilweg word die halwe kring afgerond;

word jare, in eenvoud, ryp en heilig,

geledig van pronk en sier.

 

Onder jou hande, ou Meester, sing

die moedertaal steeds suiwer en soet.

Solank dié werktuig blink en helder

deur die vaderland weerklank vind,

sal jy geëer word as profeet,

van die Boland tot in Nederland,

tot aan die uiterstes

van ons klein en silw’rige planeet.

 

(iii)

Wanneer die laat-middag room word

oor die bordienghuis; oor die stoep,

soos Tant’-Tolie-met-die-kanker

die Here en die uile roep,

roep die Karoo jou naam:

Kom huis

toe, terug Roggeveld

toe, Sutherland

toe, die agterplaas flikker almelewe

van klip en son –

 

Was jy maar altoos hier?

 

© Willem de Swyger, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Willem de Swyger: Vissers van Woorde

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d