verbeur
ons eens rustige omgewing
waar bejaardes sorgloos kon wandel
en kinders spontaan kon rondbeweeg
het met insypeling van grenskulture
vervorm in ‘n oragiese buurt
waar ingesetenes
(in plaas van in hul eie werf)
op sypaadjies en in strate fuif
(soms dwarsdeur die nag)
basta met die res
mens bly mens
en deel is die nuwe reël
maar tóg wonder ek …
hoekom mý kultuuur en gewoontes
(deur jare gehandhaaf)
met minagting verdring word
deur gevestigde waardes te smoor
en só ontneem word
van eie- en geboortereg
as nalatenskap
aan my nageslag
© Driekie Grobler, 2026
