Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 2026

Joan Hambidge. Sheila Cussons

 

I

In Cussons se Versamelde gedigte staan hierdie verse opgeteken.

 

Luike

In elke verstand sy eie blik op God

en elke uitsig so toe soos ‘n luik.

Wanneer laas

het ons deur oop rame gesien

toe die mens, sy wêreld, sy God, één

deursigtigheid was?

Sal ons nog lank moet wag, nog baie lank

voor hierdie aarde nuut oor hierdie aarde bloei

en die toe luike oopspring

soos in ‘n vinnige pinksterwind

en ons sien wat hulle nog net kan onthou –

die middeleeuse skildermeesters –

in bladgoud en lasuurblou?

 

Komma

ʼn Glinstervliegie kleiner as ʼn komma

kom sit vertrouend op my hand

en begin sy persoon versorg, en ek gevlei

durf my skaars roer: soos hy so tuis

vermetel tuis is ek in U:

O Onveranderlike, Oneindigende,

Onbeginnende Woord deur Wie ʼn klein

verrukte vuilerige kommatjie flits.

 

II

In die eerste gedig aktiveer luike iets wat gesluit is. Dan word dit oop rame. ‘n Religieuse gedig wat oopgaan in die pinksterwind en die Bybel oproep. Die gedig werk met vraagstellings. In Handelinge 2:2 word die Heilige Gees simbolies voorgestel as ‘n stormwind wat uit die hemel neerdaal tydens Pinkster.

Pinksterdag is presies vyftig dae ná Paasfees. Die stormwind het die huis in Jerusalem gevul en die dissipels het toe begin om die evangelie te verkondig. In die tweede vers is daar ‘n glinstervliegie wat tuis en vermetel op haar (skrywers)hand kom sit. Hierdie vliegie wat lyk soos ‘n komma word ‘n simbool van haar bemoeienis met die religieuse dimensie:

 

O Onveranderlike, Oneindigende,

Onbeginnende Woord

 

In die begin was die woord, lees ons ook hier.

 

III

Cussons laat haar nie vaspen nie. Die gedigte neem ons na die middeleeuse skildermeesters, die Bybel én die digter wat dit opskryf. Sy is tuis in God; so vermetel soos hierdie klein glinstervliegie. God se aanwesigheid flits net; dis ‘n klein oomblik van insig.

Is dit toevallig dat die tweede een uit 8 reëls bestaan en dan ‘n oktet is?

Die klein gedig staan dus op sy eie pootjies nes daardie ou vliegie.

Om ‘n teken te verstaan of begryp, moet jy dit raam, aldus Jonathan Culler in Framing the sign. Elke lesing van ‘n gedig word geplaas teen ander lesers se interpretasies daarvan.

By Sheila Cussons beweeg die gedig tussen tekste: Van Wyk Louw, skilders, die Bybel en jou vermoë om assosiatief te lees. Van lisible na scriptible soos Barthes dit beskryf.

Van readerly na writerly, omdat die leser ook haar eie lesings van ander tekste (onwetend) saambring.

Gedigte gee geboorte aan ánder gedigte (Paglia). Wanneer ‘n mens die Versamelde gedigte van Cussons lees wat in 2006 by Tafelberg verskyn het, is dit ‘n uitdaging om die bloemlesing van agter na voor te benader. Hier is Auden dikwels aanwesig. Inderdaad was die ou meesters nooit verkeerd oor lyding nie.

 

Musée des Beaux Arts

W.H. Auden

December 1938

 

About suffering they were never wrong,

The Old Masters: how well they understood

Its human position; how it takes place

While someone else is eating or opening a window or just walking dully along

 

How, when the aged are reverently, passionately waiting

For the miraculous birth, there always must be

Children who did not specially want it to happen, skating

On a pond at the edge of the wood:

They never forgot

That even the dreadful martyrdom must run its course

Anyhow in a corner, some untidy spot

Where the dogs go on with their doggy life and the torturer’s horse

Scratches its innocent behind on a tree.

 

In Brueghel’s Icarus, for instance: how everything turns away

Quite leisurely from the disaster; the ploughman may

Have heard the splash, the forsaken cry,

But for him it was not an important failure; the sun shone

As it had to on the white legs disappearing into the green

Water; and the expensive delicate ship that must have seen

Something amazing, a boy falling out of the sky,

Had somewhere to get to and sailed calmly on.

 

Copyright Credit: W. H. Auden, “Musée des Beaux Arts” from Selected Poems, ed. Edward Mendelson. Copyright © 1979 by W. H. Auden.  Reprinted by permission of Curtis Brown, Ltd. (US).

Source: Selected Poems, ed. Edward Mendelson (Vintage Books, 1979)

https://www.poetryfoundation.org/poems/159364/musee-des-beaux-arts-63a1efde036cd  Besoek 30 September 2026

 

Inderdaad iemand wat net ‘n venster oopmaak …

 

Joan Hambidge

Kaapstad

30 September 2026

Bronne:

 

Barthes, Roland. 1975. The pleasure of the text. New York: Hill and Wang.

Culler, Jonathan. 1988.  Framing the Sign. Oxford: Basil Blackwell.

De Man, Paul. 1981.  Allegories of Reading. New Haven: Yale University Press.

Paglia, Camille. 2005. Break. Blow. Burn Paglia. New York: Pantheon Books.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Sheila Cussons”

  1. Johan Anker says:
    2 October 2026 at 10:06

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met my studente bespreek en daaroor gesels en dan gevra of ons nog kerk toe moet gaan vanaand?!
    Dit was so lekker om vanoggend self in die klas te sit!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons
  • Koos de Wet. Pollenys
  • Erwin Rode. Die opvaart van die afvalliges
  • Betani Wiese. Tuin

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d