Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 2026

Pierce van Tonder. die ontwortelde

 

Foto 19: Rolbos/Tolbos

 

https://photos.google.com/share/AF1QipNhuaXYqr18bBxsrxd_D1FV8CUccsQdQRfX4bbNhl4fYuF_W8H5UiKYUC9GMumigQ/photo/AF1QipNbQcspVXGQgzkluFmGKXLN41bWXH52AhyzDSl1?key=eHRDbDhDYUFwQnJsNXFKX2I2ZzFwM1B0ZnJPVERB

 

die ontwortelde

 

die klipgragte van die Amstel

hou die koue vas

die lig gly deur die wintersmure

om aan my boeke te kom vat

 

ek skryf vir jou

my broer

oor dinge verby die watergrens

die sirkel sluit – die vuur brand dáár

en ek sit buite die gesprek en kyk

 

’n jong man tuur

na die meester voor in die lokaal

 

ek hoor die ryp teen ruite pak

en meet die eensaamheid van die uur

 

die swart klaviernote bou balke teen die nag

die fuge reёn teen die ruit –

ek vlieg in weemoed

na my wêreld, suid

 

in my slaap word klip weer sand

’n droë wind waai uit die droom

stoot ’n tolbos oor die spoor

van ’n grondpad

 

dor en gestroop en sonder sap

los van die grond wat hom gemaak het

rol hy

alleen

oor die harde aarde:

’n grys pelgrim in die koue lig

 

ek is die doring wat die pad soek

en droom van hande wat my ken

 

© Pierce van Tonder, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pierce van Tonder. Drumpel

1e kommentaar op “Pierce van Tonder. die ontwortelde”

  1. Anzé Bezuidenhout says:
    7 October 2026 at 12:43

    Hoe mooi is hierdie…
    ek is die doring wat die pad soek
    en droom van hande wat my ken

    Puik gedoen Pierce!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan
  • Koos de Wet. wesenlik
  • Amanda de Meillon. Karookind
  • Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge
  • Anzé Bezuidenhout. Winterasem

Nuutste kommentaar

  1. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

  2. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Puik onderhoud, welgedaan!

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Grendels7 October 2026

    Baie dankie Amanda ek waardeer jou saamlees en mooi kommentaar

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. die ontwortelde7 October 2026

    Hoe mooi is hierdie... ek is die doring wat die pad soek en droom van hande wat my ken Puik…

  5. Anzé Bezuidenhout on Amanda de Meillon. Karookind7 October 2026

    Puik gedoen en sielsmooi neergepen!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d