FOTO 4: KORBEELHUIS OP GUNSFONTEIN. DIE LOUWS SE FAMILIEPLAAS
https://photos.app.goo.gl/DjUA8YrxABNMvLj9A
Versteende onthou
asof vergete langs die plaasdam
daar op Gunsfontein se vlaktes
staan die korbeelhuis verlate
met sy boepens koepeldak
perfek ingevoeg en stewig gebou
elke klip vertel ’n storie van lank gele’
en iewers aan die verslete houtkosyn
kleef name om te onthou gekerf
terwyl die gebroke klipmuur
verhale skryf uit ’n kinderstem-argief
wat eens sou eggo en lag
oor die Roggeveld se grou
asook die skitterblink
van ’n vroeë oggend se dou
© Anzé Bezuidenhout, 2026

Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling
mooi beeldryk
vol verwondering
warmtes en koues
gert