FOTO 11: KLIPMUUR SAFRAANPEERBOOM EN WINDPOMP
https://photos.app.goo.gl/TF4pZoKFa81Zo6fRA
Jy is klip
is dit jy wat na die klippe tuur
terwyl die kopbene genadeloos om jou wit
maar jou hart steeds onrustig op ritme
van die windpomp se draai ritmies klop
is dit jy wat na die klippe staar
aasvoëlvere in die wind sien waai
teen die windkant vasslaan
van die safraanpeerboomblom
is dit jy wat na die klippe kyk
met diepe walging vir die dood
wyl jy steeds bakhand staan
vir genade onbeskryflik groot
© Anzé Bezuidenhout, 2026
