foto 25 alleenspraak
https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678
monoloog
vir eers nou, rig ek ‘n monoloog aan jou,
in gesprek (want antwoord gaan jy nie)
hoewel ek sou hoop dat beide ek en jy
eendag onsself op dieselfde plek
sou bevind, die hemel, byvoorbeeld,
om ’n ronde tafel gesprek te hê oor
kwessies soos ouers se opofferings
en liefde wat in beide sonde en skoonheid
bestaan, wat telkens verwelk, weer opleef.
ons kan miskien die konsep van literatuur
wat gulsig en ferm uit jou mond gebesig is
en hoe jy met weerbarstigheid en robuustheid
die loopgraaf van polemiek oopgeskryf het
daar sal subjekte wees soos, veral,
die moeder en vader se hande wat jou gebeitel het
en terwyl ons na Bach en Mozart luister
debatteer oor literatuur, wat soos jy voorspel het,
van toe tot nou, ‘n beskaafdheid begin beleef het
en hoe bas, glad, oor tyd, om die destydse kaal gladde
stam van Afrika se kremetartboom gevorm het
ek wil jou terloops net inlig
dat dit waaragtig so is,
dat die digter gou na die lees van poësie
‘n speurverhaal moet aanpak
© Anne-Marie Bartie, 2026
