Soom
hoe
was die botterblomme
vanjaar in Namakwaland
somergrasvelde streep
tot teen Canberra
wildegeel vlekkies
tussen heuwels koppies
stik nog ʼn dag
aan die soom van herinnering
nuwe vel aan ʼn ou leersak
uitgelewer
©️ Margaret Cordier-Biermann, 2026
