Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 2026

Marius Crous. Vier gedigte

 

VIER LAASTES

 

1.

breyten is nie dood nie    breyten sit in ’n grot

met ’n maag vol dennenaalde

stukkies boomgom ’n neut of twee

’n lyf ingesmeer met sout

aan die opkrimp

van die vernisboomtee

 

breyten is nie dood nie

hy lui nog sy klokkie

soos die gordel stywer word

om sy nek en lotusknie

 

breyten is nie dood nie

hy asem (in)(uit)(in)(uit)

agter sy sonbril

in ’n waas van blomme

 

 

2.

digters sterf nie in stoele nie

sug nie in hospitaalbeddens ’n laaste sug nie

dit hoort nie by digters nie

 

digters lê in slote met spuitnaalde

kniel by oorgehaalde haalgewere

of swaai aan ’n gordel

 

digters druk hul koppe in gasoonde

wag vir jou in ’n warm bad polse oopgenaat

stap met klippe in die sak die see in

 

digters drink te veel en val van geboue

druk die uitlaatpyp by die venster in

of spring van skepe tussen die skroewe in

 

digters en slaappille is bedgenote

wil die slaap aanhelp met morfien

in vlooierige hotelle stank van semen

 

kom dit by dié sensitiewe spesie

antie dood

gaan moet jy na die see-van-bome

om jou nering te verfyn

 

 

3.

ek kan maar wil nie vat

aan die uitgedolwe beendere

van die mal monnik

met die palmsere

vars is hy nog in sy kis

onaangetas deur balsem of wurms

wil ook nie litaneer

of fluister vir die dooies

ek is geen geesbesweerder

in ’n kapel uitgepleister met kopbene

 

 

4.

om te gaan slaap op die langste nag van die jaar

jou langste slaap ooit

soos ’n moeggespeelde kind

hande gevou bo die deken

 

brouers hou die brein botstil

ooglede hou op fladder

 

in die middel van die nag

gaan iemand in jou oor blaas

pak op kry jou pakaas

die boot reeds onder by die kaai

laat jou binneste sprei

om in die zauberkreis der nacht

net te rus te vaar te vaar te rus

te vaar

te rus

 

© Marius Crous, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh

1e kommentaar op “Marius Crous. Vier gedigte”

  1. gert says:
    21 October 2026 at 10:13

    mooi horisonne

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)
  • Koos de Wet. NP se gesprek uit glimlig
  • Marius Crous. Vier gedigte

Nuutste kommentaar

  1. gert on Marius Crous. Vier gedigte21 October 2026

    mooi horisonne

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  3. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  4. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  5. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d