My land het nou geword
“O wye en droewe land”
Uit: Die dieper reg (1938)
N.P. van Wyk Louw
my land het nou geword
onder splinters suidersterre
met vae herinneringe
van speel en lag
wat in jaarringe
om die maan
vervaag
plant kinders nog dapper
in die klein grond
het ek gesterf in Afrika
met liefde my begrawe
word dan sneeuwit verlos
uit die rooi wond
van die nag se vrug
buig ek kaal
en kom dalk eendag terug
© Margaret Cordier-Biermann, 2026
