Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 November 2026

Wat lees jy? “Tobie” deur Chris Vorster

 

 

Tobie deur Chris Vorster. Protea Boekhuis, 2026.

 

Chris Vorster se biografie oor Marius Weyers is drie jaar gelede met groot lof en entoesiasme ontvang. Vorster bou op dié boek se wenresep voort in sy pas verskene biografie oor die bekende akteur Tobie Cronjé. Dié boek word bemark as ’n biografie met outobiografiese neigings – die tipe resep wat vantevore uitstekend gewerk het – en is, soos die Marius Weyers-biografie, gebaseer op onderhoude wat die outeur oor ’n langerige periode met Tobie (Tobias Jurgens) Cronjé gevoer het. Meestal is Tobie self in die eerstepersoon aan die woord, maar soms vertel Chris of Tobie se vriende en kennisse ook. Hoewel Cronjé onthou sal word vir sy komiese rolle, is hy in die ware lewe ’n stil, ernstige, selfs skaam mens.

Tobie neem die leser deur die akteur Tobie Cronjé se hele lewe, van sy voorgeslagte tot vandag. Vorster lê veral klem op Tobie se vormingsjare in ʼn gelukkige familie op die Oosrand. Tobie self vertel hoe hy met sy karretjies in die sand gespeel het, hoe Abram hom leer Zulu en Sesotho praat het en vir hom draadkarretjes gemaak het, van sy musieklesse, hoe gespanne en angstig hy op skool gevoel het en hoe sy ouers dikwels tot sy redding gekom het. Sy skoolopleiding het hy in Laerskool Môrelig in Germiston ontvang waar hy vroeg al as toneelspeler ontpop het. Iets wat min van Tobie se bewonderaars weet, is dat hy ʼn besondere aanleg vir musiek het en ‘n opgeleide pianis is wat inderdaad musiek sy loopbaan kon gemaak het. Maar toe nie … Hy het op Tukkies gaan drama swot en het onder andere onder die befaamde Anna Neethling-Pohl studeer. Oor sy beroep as akteur sê Tobie terugskouend op 78-jarige ouderdom:

“Ek het net weer met die fliek Hans steek die Rubikon oor besef ek is in my bloed en in my bene ʼn akteur. Ek word geïnspireer, ek word lewendig as ek toneelspeel. (…) Ek kan al minder en minder woorde leer … ek sal eendag iemand moet huur om die woorde vír my te sê, maar ek wil nie ophou nie. ʼn Mens het in elk geval nie woorde nodig om snaaks te wees nie … of om ʼn nar te wees nie.” (p. 326)

Soos te verwagte, val die klem in dié boek op Tobie se toneelloopbaan, die baie rolle wat hy gespeel het, verhoogwerk, films, pantomimes, regie en selfs advertensies. Vir my was die interessantste aspek van die boek egter die belangrike kykies wat die leser agter die skerms in Tobie se privaatlewe kry. As akteur is Tobie die toonbeeld van professionalisme. Siek of seer, in rou gedompel, speel hy sy rol en daag hy op vir repetisies – volgens hom tipies van sy geslag akteurs. Hy is openlik gay en praat oor die twee belangrikste verhoudings van sy lewe, veral dié met William Pretorius saam met wie hy in Aucklandpark gewoon het en wat hom onverwags in 2007 ontval het. Die jong Refilwe na wie hy omsien soos ʼn pa en sy katte speel ʼn belangrike rol in sy lewe. Stilte en besinning was nog altyd vir hom ononderhandelbaar. Om alleen te wees, is ʼn gawe en ʼn oordaad woorde staan hom nie aan nie. Hoewel hy in 2022 daaraan gedink het om af te tree, het die werk egter ingestroom en soos alle goeie akteurs is hy steeds in die tuig. Oor sy lewe, sê Tobie:

“Met die ouderdom word dit vir my al hoe belangriker om eenvoudig te lewe. ʼn Mens kan ʼn doodeenvoudige lewe lei en tog gelukkig wees. Daar is vir my baie meer geluk in eenvoud.” (p. 9)

Noudat sy lewe tog effens stiller raak, sê Tobie dat hy wil begin regmaak aan al die stukkende antieke meubels wat sy huis volstaan.

Die verhaal van Tobie Cronjé se lewe word by benadering kronologies vertel, maar is basies gestruktureer aan die hand van vertellings wat die boek soos ʼn heerlike onderhoud laat lees: kyk, terugkyk en reflekteer. Vorster kry dit reg om die stem van die verskillende vertellers duidelik uit die verf te bring sonder om die fokus van die hoofkarakter te verskuif.

Tobie is ʼn formidabele boek waarvan ek al 335 bladsye met genot gelees het – Register en al! Heelwat volkleurfoto’s wat Cronjé se pad deur die lewe uitbeeld, is ʼn belangrike pluspunt. Die Register verwys veral na mense wat ʼn rol in sy lewe gespeel het, maar ook na plekke, rolle, vertonings, films, ens.

Die slotparagraaf som Tobie Cronjé se lewe skitterend op:

“Ek vermoed die ‘stukkende antieke meubels’ sal nog ʼn rukkie moet wag – dié lewe word nie stiller nie. “Hier is nog te veel om te doen.” (p. 327)

 

– Marlies Taljard

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wat lees jy? “Van die Apennynse berge tot Sisilië”. Rina Cascione (Vert.)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet

Nuutste bydraes

  • Paul Kloppers. eclipse
  • Paul Kloppers. afskeid III
  • Willem M. Roggeman. Taferelen in een bruine kroeg
  • Wat lees jy? “Tobie” deur Chris Vorster
  • Joan Hambidge. Simptome van dié bedryf

Nuutste kommentaar

  1. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas18 November 2026

    Thank you Jenna, appreciate it.

  2. Versindaba on Wat lees jy? “Van die Apennynse berge tot Sisilië”. Rina Cascione (Vert.)18 November 2026

    Hennie, dit behoort in die boekwinkel te wees, maar jy kan dit ook van Naledi bestel.

  3. Hennie Smith on Wat lees jy? “Van die Apennynse berge tot Sisilië”. Rina Cascione (Vert.)17 November 2026

    Hennie Smith gaan more boekwinkel toe om te bekom. Of is daar n ander manier?

  4. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas17 November 2026

    Dankie Angie, waardeer dit baie.

  5. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas17 November 2026

    Dankie Ida, groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d