Rolbos
https://photos.google.com/share/AF1QipNhuaXYqr18bBxsrxd_D1FV8CUccsQdQRfX4bbNhl4fYuF_W8H5UiKYUC9GMumigQ/photo/AF1QipNbQcspVXGQgzkluFmGKXLN41bWXH52AhyzDSl1?key=eHRDbDhDYUFwQnJsNXFKX2I2ZzFwM1B0ZnJPVERB/KarinaNel/Rolbos
Okerstof: Nicolaas
Nicolaas, kyk hoe rolbos skraap
ek oor die Rôeveld
salto oor okerstof
om jou pen se vrug te saai
jou verse en sonnette
wat onder fyn gruis wegkruip
wil ek saam met my dra,
peins oor jou denke,
vra hoe moet ek ons voertaal moedervlek
as ek oor vaal rante dwaal
om teen die stofduiwels jou odes
se voetspoor te voog?
jou erfenis wil ek ontsluimer
saam met woorde in wording
versmaat galm
jou woorde van genade sal nie
onder klippe sterf
ek sal hoog oor hakiesdraad rolbos
om jou erfenis te strooi
© Karina Nel, 2026
