Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

george weideman

 

George WeidemanGeorge Weideman is in 1947 op Cradock gebore en het aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok gematrikuleer. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal in 1981 ’n doktorsgraad aan die Rhodes Universiteit. Hy doseer Afrikaans aan die Universiteit van Namibië en die Technikon Skiereiland (nou die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie) tot met sy aftrede in 1997. Tans skryf hy voltyds.

Weideman debuteer in 1966 met Hondegaloppie, ’n bundel met verse oor die Karoo, Boesmanland en Namakwaland. Later verskyn As die son kliplangs spring (1969), Uit hierdie grys verblyf (1987) en ’n Staning onder sterre (1997).

In 1983 verskyn Weideman se eerste kortverhaalbundel, Tuin van klip en vuur en in 1994 Die donker melk van daeraad. In 2007 publiseer hy sy derde verhalebundel, Newelig. Drie van sy dramas word deur die Universiteit van Namibië opgevoer. Die drama My plaas se naam is Vergenoeg verwerf in 2004 die eerste SANLAM-toneelprys, terwyl SANLAM ook drie van sy radiodramas bekroon. Hy skryf verskeie jeugboeke. Die roman Die onderskepper word in 1998 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon en die roman Draaijakkals (1999) ontvang die ATKV en MNet-pryse in 2000.

In 2006 verskyn Verskombuis,’n kookboek met illustrasies en gedigte.

Weideman is in 2008 oorlede.


 

Soveel maniere om iets te dra

 

Wat mens van jou ouma onthou, is dikwels

saamgebondel, soos kuikens in ’n voorskoot

 

of al die ander maniere om dinge te dra:

warm bokmelk in ’n emmertjie,

vinkeiers onder ’n kopdoek,

 

abbakrosbande vir kleingoed,

’n wyeboomskottel vir soetsuurdeeg

en oplaas, die greinhoutkis

met sy blink grepe.

 

Daar is baie maniere om dinge

van hier tot daar te dra:

 

Jy kan dit op jou kop balanseer

dan weet hulle jy kom uit Afrika.

 

Jy kan ’n stapel op jou rug vasmaak

soos die boer op die Sjinese platteland.

 

Jy kan ’n esel ’n llama ’n alpakka huur,

selfs ’n pakos by jou buurman vra.

 

Maar wie sal swaarkry en hartseer kan dra?

 

Miskien die oumatjie in swart,

sy wat strompel deur die strate van Sarajewo,

 

maar sy dra nie kuikens

of ’n emmertjie bokmelk nie,

 

sy hou haar ingewande bloeiend en vir oulaas vas

soos iemand wat iets in haar voorskoot dra

voor die skutters van Sarajewo.

 

(Uit Die Balkan-indeks)

 

Uit: Versindaba 2007,  Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d