Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 July 2009

Boeke in ‘n hemelse sfeer

Selexyz Boekhandel (Maastricht)
Selexyz Boekhandel (Maastricht)

Synde ‘n boekhandelaar is dit uiteraard vir my haas onmoontlik om by ’n ander boekwinkel verby te loop sonder om in te gaan en te kyk hoe ons eie onderneming daarmee vergelyk. So gebeur dit dat vriend Luuk ons verlede jaar spesiaal na Maastricht neem waar die mooiste boekwinkel ter wêreld is. En ek bedoel dit letterlik. Verlede jaar is die mooiste boekwinkels (let wel: nie die beste nie!) deur The Guardian aangewys en Selexys in Maastricht was as wenner aangewys. Die rede? Wel, dis ongetwyfeld boeke in ‘n hemelse sfeer, want dié boekhandel is naamlik in ’n Dominikaanse kerk, wat 800 jaar oud is. Nou hoe de drommel kan ’n mens dáármee kompeteer?! Ter ere van ons eie beskeie winkeltjie te Bergzicht Plaza in Stellenbosch moet ek darem sê dat daar géén digbundels in dié hemelse ambiance te vinde was nie. Hulle hou dit gewoon nie aan nie; aldus die verkoopsdametjie by wie ons navraag gedoen het …

Ander boekwinkels wat die aandag getrek het, is Borderlands Science Fiction Bookstore (San Francisco), Shakespeare & Co. Antiquarian Books (Parys), die Akademiese boekwinkel Akateeminen Kirjakauppa (Helsinki), Lello (in Porto, Portugal), Borders Bookstore (New York) en El Ateneo in Buenos Aires. Laasgenoemde is in ‘n ou operahuis. (Foto’s van dié boekwinkels kan hier bekyk word.)

Nou ja, toe. Dis nou om die algemene opvatting dat die publikasie van iedere boek ‘n geloofsdaad is, ‘n bietjie té ver te voer is dit nie? Of steek die groen bokant van my onderbroek nou uit?

‘n Plesierige naweek vir almal. En onthou: dis die boek wat tel en nie die argitektuur nie.

Nuuswekker hervat weer op Maandag.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d