Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 July 2009

Boeke in ‘n hemelse sfeer

Selexyz Boekhandel (Maastricht)
Selexyz Boekhandel (Maastricht)

Synde ‘n boekhandelaar is dit uiteraard vir my haas onmoontlik om by ’n ander boekwinkel verby te loop sonder om in te gaan en te kyk hoe ons eie onderneming daarmee vergelyk. So gebeur dit dat vriend Luuk ons verlede jaar spesiaal na Maastricht neem waar die mooiste boekwinkel ter wêreld is. En ek bedoel dit letterlik. Verlede jaar is die mooiste boekwinkels (let wel: nie die beste nie!) deur The Guardian aangewys en Selexys in Maastricht was as wenner aangewys. Die rede? Wel, dis ongetwyfeld boeke in ‘n hemelse sfeer, want dié boekhandel is naamlik in ’n Dominikaanse kerk, wat 800 jaar oud is. Nou hoe de drommel kan ’n mens dáármee kompeteer?! Ter ere van ons eie beskeie winkeltjie te Bergzicht Plaza in Stellenbosch moet ek darem sê dat daar géén digbundels in dié hemelse ambiance te vinde was nie. Hulle hou dit gewoon nie aan nie; aldus die verkoopsdametjie by wie ons navraag gedoen het …

Ander boekwinkels wat die aandag getrek het, is Borderlands Science Fiction Bookstore (San Francisco), Shakespeare & Co. Antiquarian Books (Parys), die Akademiese boekwinkel Akateeminen Kirjakauppa (Helsinki), Lello (in Porto, Portugal), Borders Bookstore (New York) en El Ateneo in Buenos Aires. Laasgenoemde is in ‘n ou operahuis. (Foto’s van dié boekwinkels kan hier bekyk word.)

Nou ja, toe. Dis nou om die algemene opvatting dat die publikasie van iedere boek ‘n geloofsdaad is, ‘n bietjie té ver te voer is dit nie? Of steek die groen bokant van my onderbroek nou uit?

‘n Plesierige naweek vir almal. En onthou: dis die boek wat tel en nie die argitektuur nie.

Nuuswekker hervat weer op Maandag.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d