Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 October 200915 October 2009

Die Nobelprys

 

   Nee, ook nog nie van haar gehoor nie.

   Maar pleks van die Nobelpryskomitee van regionalisme en wat ook al te beskuldig, sal dit dalk heel in orde wees vir mense wat in die skadu van die Engelstalige wêreld leef om ’n slag hul eie relatiewe belangrikheid te besef. 

   Die Engelstalige wêreld is nie die sentrum van die universum nie. Veral nie, o, veral NIE, wat uitnemende verbeelding en letterkunde betref nie.

   Net vandag lees ek ’n artikel in Die Burger. Daarin sê die koerantskrywer dat sy nie Herta Müller sal lees nie, hoofsaaklik omdat sy nog nooit van haar gehoor het nie, en eerder sal bly by die een of ander “bekende boek”.

   Wie se “bekendheid”? Uit watter hoek gesien? As Suid-Afrikaanse kritici maar net ‘n bietjie minder “onderlê” was in die nuuste Engelstalige perdevy, en bietjie wyer waardering gehad het as die skaduwee wat die koloniale grensdraad gooi.

   Die Nobelkomitee is al op geleentheid deur Breytenbach beskryf as “ook maar mens, ook maar dronk”. Inderdaad.

   Maar hierdie bekroning van ’n outeur uit die kommunistiese wêreld, in ’n tyd wat die kapitalisme (van veral die Engelstalige wêreld) se imperialisme en mensontering dit in elke opsig ewenaar, behalwe in oëverblindery (daarin is die nuuste variant veel groter en veel meer boosaardig) is die bekroning van Herta Müller waarskynlik tydig en baie reg.

    Onlangs toe ek drie maande in Duitsland deurgebring het, het ek weer besef hoe groot die kloof is tussen die Engelstalige wêreld en die Europese. En dis nie ’n kloof wat daar deur hulle gestel is nie.

   Die bekroning van Müller  lyk reg. En na een van integriteit.  

   Dan haal die koerantskrywer half neerbuigend “’n kenner, ene Michael Krüger” aan. Wel, “ene” Krüger is een van Duitsland se top digters en kritici. Dit het ek weldeeglik op my onlangse verblyf agtergekom. Hy het dalk sy blindekolle en sy dronkenskap. Maar gaan lees eers sy poësie, en sy kritiese uitsprake. Dis beter as meeste wat aan ons “bekend” is.

Maar ag, miskien het die koerantskrywer net geskerts? Kom ons hoop maar so.

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

5e gedagtes oor “Die Nobelprys”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    16 October 2009 at 08:09

    Ivan, ek sien nie nou jou kommentaar nie, maar ek het dit in my inbus tuis ontvang.

    Ja,Engels is vir baie meer ‘n magsbasis as ‘n taal. Hier kan mens die regering van Suid-Afrika by insluit. Maar mens moet agting en liefde vir ‘n taal hê anders gaan hy teen jou werk.

    Ons moet dus ook onthou dat daar baie mense is wat lief is vir Engels as hul moedertaal, en hul liefde is nie minder as iemand anders s’n vir hul taal nie. Engels is die taal van my eie ma, en ek eer dit ook as sulks. En ons sou onmetlik armer gewees het sonder die venster op die wêreld wat Engels ons bied. Maar ek hou nie van taalimperialisme nie. Dit is, soos jy tereg impliseer, ‘n magspel.

    Reply
  2. Ivan Mocke says:
    16 October 2009 at 06:00

    Charl-Pierre, hierdie stuk van jou laat my dink aan iets wat iemand enkele jare gelede tydens die taaldebat in Stellenbosch gesê het, naamlik dat Engels vanweë sy status as wêreldtaal geen “taal” as sulks is nie, maar ‘n magsbasis.

    Reply
  3. Charl-Pierre Naude says:
    15 October 2009 at 23:34

    Ek dink ons moet beslis afsien van die idee dat enige prys ‘n bepalende “kanoniserende” (haatlike, selfingenome ou woordjie) rol kan speel. Beslis nie die Nobelprys nie.

    En as die koerantskrywer waarna ek verwys in een opsig wel reg is, is dit waar sy dit betreur dat van die grootste skrywers nooit die Nobelrpys gekry het nie. En dan Maeterlinck, wat ons eie Eugene Marais so beroof het, die het wel dit gekry.

    Die Nederlandse skrywers ter syde, dis interessant dat die Nobel-komitee ook Sweedse en Noorweegse skrywers dikwels oor die hoof sien. Ek het al gewonder waarom Tomas TRanstromer nog nooit die Nobelprys gekry het nie.

    Reply
  4. Johann Lodewyk Marais says:
    15 October 2009 at 22:13

    Ek het nie noodwendig ‘n probleem met vanjaar se toekenning nie, maar waarom is Nederlandstalige skrywers (soos M. Nijhoff, W.F. Hermans, Louis Paul Boon en Hugo Claus) geweeg en te lig bevind?

    Reply
  5. Louis says:
    15 October 2009 at 21:36

    Inderdaad is Michael Krüger een van die heel grotes in die Duitse digkuns en (waarskynlik) wêreldliteratuur; iemand wat selwers vir die “groot eer” behoort te kwalifiseer. Reeds in 1993 het sy “Diderot’s cat – Selected poems” by Carcanet verskyn. ‘n Knewel van ‘n boek van bykans 180 bladsye met verse wat deur Richard Dove vertaal is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d