Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 20109 March 2010

Woordfees-hoogtepunte

Loftus Marais
Loftus Marais

Na afloop van die Woordfees moes ek nou al ‘n paar keer antwoord op die vraag wat vir my persoonlike hoogtepunte tydens die fees was … Ongelukkig, vanweë my boekwinkel se betrokkenheid op soveel fronte, was dit nie moontlik om alles wat ek graag sou wou, by te woon nie. Daarom sal my lysie per definisie maar gebrekkig en eensydig wees.

Maar vir my persoonlik was Loftus Marais se voorlesing tydens Sondag-aand se “Skemerverse” onverdunde vreugde. Liewe hemel, watter talent is dié man nie! Hy het die gehoor omtrent in ekstase gehad met sy nuwe gedigte. Bykans elke vers is gevolg deur die mees uitbundige applous wat ek seker nog ooit by ‘n voorlesing gehoor het. En telkens om die regte rede, want sy nuwe verse is inderdaad onvergeetlik. Veral “Gedagtes oor ‘n ui” gaan een van die klassieke gedigte in Afrikaans word, vermoed ek.  Om nie eens van “Boerpampoen” te praat nie!

Dan het ek ook enorme plesier gehad aan Ronel Nel-hulle se “Oopmond”-aanbieding.  Dié konsep werk. Nog steeds is die ou Bekgeveg-magic daar met sy frenetiese tempo en verrassende wendinge, maar nou is daar die stertjie van ‘n uiters afgeronde (en professionele) klimaks om die program mee af te sluit: die getoonsette uitvoering van die impromptu-gedigte. Pure toonkrullekkerte, inderdaad. En geoordeel aan die gehoor se reaksie, ‘n wenresep.

Nog ‘n besonderse geleentheid was die bekendstelling van Nuwe Stemme 4. Wat ‘n voorreg was dit nie om so ‘n bietjie met dié nuwelinge te kon skouer skuur nie. ‘n Wonderlike aand met volle komplimente aan NB Uitgewers met hul organisasie rondom dié geleentheid, inderdaad. (En dankie vir die heerlike gesprek by die winkel Saterdagmiddag, Hennie. Dit was eweneens ‘n hoogtepunt.)

Maar nou ja, te veel vreugde is ook nie goed vir ‘n mens nie. Daarom, Melt & Kie: Veels geluk met ‘n genoeglike fees en geniet die rustiger tyd wat voorlê, want binnekort is dit weer Versindaba-tyd. Of wat praat ek nou?! En dalkies ook tyd vir ‘n blog of twee? Ek vra maar net …

***

Op die webblad is daar vanoggend net een nuwe plasing: Desmond Painter wat die onderhoud wat hy met Fanie Olivier gevoer het, in sy blogkamer geplaas het. Ook vestig ons jou aandag op die nuwe bundel, Vlerke vir my houteend, deur Kobus Lombard wat pas verskyn het. Inligting omtrent dié bundel is by Publikasies te vinde.

En dan word daar darem vandag ‘n ietwat koeler dag vir die Kaap voorspel en dit is beslis iets om na uit te sien, want gister was daar net ‘n Bybelblaadjie tussen die Kaap en die hel, glo my.

Nietemin, lekker lees aan alles en geniet dit wat in jou hand gegee word.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d