Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 20107 November 2014

Jannie Malan. Blaaie uit die dagboek van ‘n woordvampier

Ek is angstig. Die oggend kom nader. ‘n gedig moet ek bewerk. Soos die man met die groen trui moet ek ‘n gedig fabriseer, soos Loftus Marais maan ek die leser dat ek op soek is na ‘n gedig. Maar wat kan ek in ‘n paar dae uitrig? Ek sal dit hier dokumenteer, ‘n tipe stroom van bewussyn, soos James Joyce die strate van Dublin deurkruis in Ulysses… ‘n paar dae se soek na inspirasie in die allerdaagse.

Maandag:

Moeg en gefrustreerd na ‘n besige naweek. Grom vir die mense op kantoor, en die krapperigheid in my keel kan net een ding beteken… griep is oppad. Dan gee een van my kollegas vir my ‘n pakkie vars, ryp vye present wat hulle die vorige dag by ‘n boeremark aangeskaf het. ‘n Oomblik van satori?! My kop sleur my onwillekeurig mee… vye is erg simbolies, Christus het die vruglose vyebook vervloek, die Boedhas het verligting of bodhi bereik deur onder reuse ou vyebome te mediteer, figo is ‘n obsene handgebaar, Adam en Eva bedek hul skaamte met vyeblare, perdedrolle is nie vye nie… en so aan en so voorts. Ek krabbel ‘n paar gedagtes neer, maar kom tot niks konkreet nie. Nog nie… maar heng, die vye smaak lekker.

vye
vye

Dinsdag:

Dag te vol om werklik aan iets kreatiefs te kan dink. Twee voorleggings moet klaar. Die aand word opgeneem deur ‘n werkstuk wat vir my M-studie wat moet klaarkom. Ek probeer iets soek in die werkstuk wat ek dalk as gedig kan maak werk… maar ongeag van hoe ek stoei met “ ‘n metodologie vir die verifikasie van crowdsourced informasie vir verspreiding aan reddingswerkers via mashups in ‘n krisissituasie” kan ek geen stof tot digsel daaruit wurg nie.

Woensdag:

Ek moet vroegoggend in Johannesburg wees on kliënte te sien. Ry onder donker winterkoue uit Pretoria om die verkeer te klop. Besef weer eens hoe pateties oggendradio daar uitsien. Gaan soek ‘n cappucino in Gina’s, ‘n knus klein portugese koffiekroeg. Gebruik die tyd om te delf in twee nuut-aangeskafde bloemlesings van samesteller Neil Astley, Being Alive en Staying Alive, ‘n stewige versameling gedigte van reg oor die wêreld wat ek ten sterkste kan aanbeveel. In die voorwoord haal hy Emily Dickenson oor poësie aan: “If I read a book and it makes my body feel so cold no fire can ever warm me, I know that is poetry. If I feel physically as if the top of my head where taken off, I know that is poetry”.

Gina se cappucino
Gina se cappucino

Met die terugry klik ek my ipod op “skommel”. Sy tref twee Joy Division liedjies na mekaar Love will tear us apart en Isolation – sekerlik ‘n teken. Ek het onlangs Ian Curtis se biografie, Touching from a Distance gelees, wat ook die film Control geïnspireer het. Curtis was ‘n enigmatiese figuur, hooggeag deur sy tydsgenote en verafgod deur sy aanhangers. Hy het aan epilepsie gelei, wat dit moeilik gemaak het om aand vir aand, in rokerige klubs, onder oorverdowende musiek en flitsende ligte op te tree. Geskeur tussen sy begeerte om te skryf en skep, ‘n emosionele onvermoeë om ‘n vrou en kind te ondersteun en die newe effekte van eksperimentele medisyne vir epilepsie, pleeg hy selfmoord op 24. Hier broei ‘n gedig…

Ian Curtis
Ian Curtis

Donderdag:

Sukkel om te slaap… dryf iewers tussen droom en wakker. Let skielik in die halflig hoe my hande in my slapende vrou se hare gestrengel is… en net daar steek Ted Hughes se “thought fox” sy inspirerende snoet uit die bosse…

Man oorboord

Buite in die diepnag as

onder die deken van ‘n droom

my hande onbewusteloos

in jou hare strengel

word ‘n vlegsel ‘n dik, ru tou

waarom my vingers net net klou

ek is ‘n drenkeling

jou lyf ‘n skuitjie met

‘n smal wit laken vir ‘n seil

ons dryf oor deinings, water

waarop ek vir jou wou loop

maar hou nou skaars my kop daar bo

tog onbemerk sleur jy my mee met

ribbe, takelwerk en boeg

tot op die droë sand

van ‘n nog onverkende oggend, uitgespoeg

© Jannie Malan

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Nini Bennett. Frida Kahlo: uit binnekamers en briewe →

6e gedagtes oor “Jannie Malan. Blaaie uit die dagboek van ‘n woordvampier”

  1. Jannie says:
    14 May 2010 at 06:03

    Baie dankie Ivan. ‘skuifel’ klink inderdaad na ‘n opsie… ‘n ipod skuifel mos maar so aan van een liedjie na die volgende. Wie’t gereken afrikaans is dood.

    Ja nee, Lewies. Vroue het maar net ‘n manier om ‘n saak uit te wys…. Maar rakende die slaap… watter van ons digters het gereken “Wat is die slaap, ‘n wondersoete ding”… en sekerlik so ook die vrou.

    Reply
  2. Ivan Mocke says:
    13 May 2010 at 12:06

    O, ja! Ek wou nog sê dat ek jou gedig besonder treffend vind! Baie dankie daarvoor …

    Reply
  3. Ivan Mocke says:
    13 May 2010 at 11:54

    En wat van ‘skuifel” vir “shuffle”?

    Reply
  4. Lewies Botha says:
    13 May 2010 at 10:58

    Skoffel is nogal eienaardig na aan die Engels “Sh” en “Sk” en die “ff” dit sal dalk makliker by die iPod gen. vastrapplek (pun unintended)kry. Van nou af skoffel ek my iPod.

    Oor die gedig (ek hou daarvan) Hoe pragtig is ons geliefdes nie as hul so rustig slaap nie. My vrou se nou die dag dat al my liefdes gedigte oor haar en oor slaap handel (Oeps, besef ek dit ook, darem nie almal nie, maar jy weet hoe ‘n vrou se sensitiewe aard is; Ek slaap mos nie net nie.)

    Reply
  5. Jannie says:
    13 May 2010 at 08:33

    Hi Lewies, bly jy’t dit gelees en geniet.
    Nou dat ek daaroor dink kan ‘n ou dalk “shuffle” met “skoffel” vertaal… dan het jy nog die suggestie van dans/musiek daarby.

    Reply
  6. Lewies Botha says:
    13 May 2010 at 06:55

    Hi Jannie dis nou ‘n bobaas inskrywing! Ek het lekker gelees. Ek het nog nie voorheen skommel vir “shuffle” gesien nie? maar hou daarvan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d