Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 October 201019 July 2024

Lize Viljoen. Halloween in Hong Kong

Fabulous fashion
Fabulous fashion

Die einde van die maand is dit weer sulke tyd: Halloween.

In winkels, restaurante, en op openbare plekke sien mens spoke, spinnekoppe en ander monsters.

Ek is in Hong Kong en kan nie anders om te merk hoe groot die dag hier is nie.

As kind in Suid Afrika was Halloween nooit eintlik iets snaaks nie, nooit eintlik eens daaraan gedink nie. Dit het lank gevat vir die datum, 31 Oktober, om in te sink, en dit eers na lang jare in die vreemde, en baie blootstelling aan die Amerikaanse kultuur.

Wat is die logika agter hierdie geleentheid? Ek het so bietjie gaan google daaroor:

http://www.jeremiahproject.com/culture/halloween.html.

http://www.suite101.com/content/history-of-all-hallows-eve-and-halloween-a151474

In elk geval. Dit lyk of Halloween hier is om te bly. Ek wonder of is dit al meer gewild in Suid Afrika?

Daar is baie ander kulture ook wat die dooies onthou. In Suid Amerikaanse lande is daar “Day of the Dead” wat ‘n groot feesdag is.

http://en.wikipedia.org/wiki/Day_of_the_Dead

Ook Afrika kulture en selfs in Korea word die voorvaders ge-eer met geskenke, kos en spesiale dae gewy aan hulle welsyn. Dit word geglo dat die voorgeslagte mag het om die huidige geslag se welstand te beinvloed. Met ander woorde: hou die afgestorwenes gelukkig en bly self uit die moeilikheid.

http://www.associatedcontent.com/article/71765/traditions_for_honoring_the_dead.html

Het ons as Afrikaners ‘n tradisie waarmee ons hulde bring aan die voormense? Ek reken, in stories wat ons vertel, oomblike wat ons onthou en deel, en gedigte wat iets uitbeeld wat saak maak.

Oos Kaap ervarings

Veldblomme gepluk langs die pad,

die wintergras se waai so mooi.

Dan die verloop van die seisoen,

jaar na jaar, dan voel dit of hierdie

tyd nooit sal verbygaan nie,

dat ons altyd langs hierdie paaie sal ry

en na hierdie mooi dinge kyk.

Maar dit is nou verby.

Die plase is leeg.

Niemand kom drink koffie nie

in die kombuis is die stoof weggedra,

die vloerplanke uitgebreek en die deurkosyne

weggehaal deur onsigbare hande, net weg.

Hanslammers spook om die agterdeur,

nou net ‘n gedagte, weggewaai met

die winde van verandering.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d