Niets hoeft te worden toegevoegd aan deze twee reeksen beelden met muziek, onder mijn aandacht gebracht door de Volkskrant. De ene reeks een deel uit de derde symfonie van Gorecki, de andere een ode aan Gorecki door de Britse band Lamb.
http://www.youtube.com/watch?v=miLV0o4AhE4
http://www.youtube.com/watch?v=PILJRHjUVEw&feature=player_embedded
Niets kan op dit moment worden toegevoegd aan deze beelden en deze muziek.
Er zijn dingen die iedereen zou moeten zien en horen, omdat ze iets onthullen van onze werkelijke aard. Kippenvel, hoendervel verraadt ons dat we een dieper inzicht hebben verworven.
Mmmm. Schumann se klavierkonsert. Die uitvoering deur Clara Haskil is ‘n dierbare herinnering uit/aan my jeug. Geniet die reus Svjatoslav. My klavierleraar het my vertel (omtrent 1962) Svjatoslav Richter het aand na aand in ‘n kroeg op ‘n ou rammelbarpiano gespeel, ure lang. Onverstoorbaar, geslote as ‘n oester. Richter was vir hom (s’n naam is Ties Schonk) ‘n god gelyk.
Jy’s vergewe, Chris. Ek luister op die oomblik na Sviatoslav Richter se vertolking van Schumann se klavierkonsert in A minor. En alles is presies op hul plek en presies soos dit moet wees. Hemels.
Louis, ek kruip deur die stof aan jou voete. Ek het dit nie opgemerk nie. Tog is ek ‘n trou en belangstellend leser van daardie ‘suurverworwe brokkies’ (dikwyls voedsaam genoeg vir ‘n lekker ontbyt.) Wat ek gister nog teen die meer aantreklike van die bewoners van ons huis het gesê, in woorde, so komplimenterend, dat ek dié nie kan herhaal nie.
Groet ook die meer aantreklike van die twee Direkteure vir my.
Wag ‘n bietjie, Chris! Die minder aantreklike van die twee Direkteure maak beswaar. Gaan kyk weer na die Nuuswekker van Woensdag, 17 November by https://versindaba.co.za/2010/11/17/olimpiese-spele-en-die-digkuns/
Die betrokke aanhaling lees: “In Wisselkaarten het Chris Coolsma skakels geplaas na pragtige vererings van die Poolse komponis, Henryk Gorecki, wat verlede Vrydag oorlede is, terwyl …”
Mmmmmm, maar daar was weliswaar nie genoeg teks by om as Blikvanger op die Hoofblad te dien nie. Maar in die Nuuswekker was dit wel genoem. (Iets laat my vermoed dat daar bepaalde deelnemers aan hierdie webblad is wat nie al te gereeld my suurverworwe brokkies “daaglikse brood” lees nie?!)
Sug. So is die lewe vir een pond sewe, of wat praat ek nou?!
Maar nou wil ek eers verder luister na Sviatoslav Richter se vertolkings van ‘n aantal Bach-stukke; ‘n geskenk van ‘n baie spesiale persoon wat ek vandag ontvang het. 🙂
Desmond, glo dit het die aandag van die Direkteure ook gemis. Daar het nie ‘n melding in nuuswekker gewees nie. Die kombinasie van beelde en geluid het my só direk ontroer, ek het dit wil deel. Dit is veral die vokale gedeeltes die my ontroer. Maar ek beluister Gorecki nie baie nie, tot my skande. Rede: simfonieë is nie my voornaamste geliefdes nie. Ek is ‘n kamermusiekman.
Chris, ek het hierdie inskrywing op een of ander manier gemis. Ek het laas naweek Simfonie 3 weer geluister (nie die beroemde Zinman opname nie; ‘n ewe goeie opname wat deur Naxos uitgereik is) en gedink: die werk is dalk nie deurgans op dieselfde ho”e peil nie (my aandag dwaal dan en wan…), maar ‘n mens sal darem hard van hart moet wees om GLAD NIE daardeur ontroer te word nie, veral gedurende die vokale gedeeltes!