Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 November 201017 November 2010

Olimpiese Spele en die digkuns

Londen 2012
Londen 2012

In 2012 word die Olimpiese spele deur Londen aangebied en volgens ‘n berig op BBC News se webblad is daar reeds begin met planne om van hierdie okkasie onder andere ook die grootste poësie-geleentheid van alle tye te maak. Poetry Parnassus, soos dié projek gedoop is, beoog om digters van al die lande wat tydens die Spele verteenwoordig sal wees, byeen te bring en aan ‘n weeklange fees te laat deelneem.

Simon Armitage, wie se breinkind dit is, het dit soos volg aan die BBC se beriggewer gestel: “My hunch is this will be the biggest poetry event ever – a truly global coming together of poets. It is hoped more than 200 poets – from all continents – will take part. […] It’s insanely ambitious,” het hy bygevoeg: There are political issues, geographical issues, linguistic issues all to be overcome.”

Verdermeer sal dié fees aangebied word by die Southbank Center, wat in 2012 sy 100ste bestaanjaar sal vier. “Poetry has always been so associated with the Olympics – the Greeks used poetry to speak of human prowess, peace after war, humour after sorrow,” het Jude Kelly, die Southbank Centre se artistieke direkteur, gesê: “It seems appropriate to make poetry this central idea of something that is about a world gathering.”

En, by wyse van afsluiting, ‘n laaste pêreltjie inspirasie uit die Armitage-oester: “I’ve always believed in aiming high and attempting the impossible – otherwise I wouldn’t have gone into poetry.”

Nou ja, toe. Simon Armitage is natuurlik ook benoem vir die TS Eliot-prys met sy mees onlangse bundel, Seeing Stars. Die wenner vir dié gesogte prys word glo vroeg in Desember aangekondig.

***

Met drie bydraes tot Buiteblik en twee tot Wisselkaarten het ons deelnemers wat hul buite die landsgrense bevind, beslis hul kant gebring sedert gisteroggend. In Buiteblik kan jy Carina van der Walt se verslag (en vertaling) lees van Ramsey Nasr se lykdig oor Harry Mulisch; ook Leon Retief se fassinerende uiteensetting oor die neurobiologie van bewussyn en Lize Viljoen wat skryf oor die Oosterlinge se gesonde leefstyl. In Wisselkaarten het Chris Coolsma skakels geplaas na pragtige vererings van die Poolse komponis, Henryk Gorecki, wat verlede Vrydag oorlede is, terwyl Edwin Fagel weer ‘n hele aantal belangrike opmerkings maak oor digters wat resensies skryf …

Ten slotte – Jooris van Hulle se bespreking van Antjie Krog se keur wat in Nederlandse vertaling verskyn het, is gisteraand geplaas. Dié artikel het oorspronklik in Poëziekrant 6/2010 verskyn en word met hul vriendelike vergunning geplaas; veral omrede dit ‘n besonderse leesavontuur is om dié artikel saam met Marlies Taljard se onlangse blog oor Antjie Krog en die hersirkulering van tekste te lees.

En daarmee groet ek eers weer.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d