Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 November 201019 July 2024

Frances Lubbe. Terugdink

Dit is ‘n Koue Remembrance Day in Londen. In die park skiet die buurt se kinders oorskot Diwali-klappers die hoogte (en skuinstes) in. Met toe oë en sonder die vonke klink die vuurwerke se gekerm dreigend, en mens kan jou amper verbeel jy’s terug in ‘n vroëere Engeland, waar bomme met ontstellende reëlmatigheid oor Londen se East End geval het.

In Bethnal Green, die gebied waar ek woon, is dit gewoonlik nie eers nodig om oë toe te maak om terug te trap in die geskiedenis nie:  tussendeur die lawaai en haas van moderne Londen is daar is orals nog subtiele herinneringe aan ander tye.  Die area, wat eens op ‘n tyd ‘n klein dorpie was en blykbaar bekend vir sy aarbeie, het mettertyd‘n oorvol agterbuurt vir van die armste mense in die stad geword. Lae en lae van immigrante het hier aangeland oor die eeue – die vlugtende Hugenote het hul weeftoue saamgebring en ‘n sywewers industrie begin. In Bethnal Green en Spitalfields is daar steeds huise met groot vensters, die sogenaamde ‘weaver’s lights’, waar die wewers gesit het sodat sonlig op die hele weeftou kon val terwyl hulle werk.

Museum, 19 Princelet Street, Spitalfields

old dull shades of silk on wooden reels

plum, olive, sky-

grey sea they, Hugenot, came hurrying over

hidden in wine-barrels

songbirds, windowsills

later, old leather cases, grandparental

treadle-machine

spool, bobbin

reel

old dull shades of glass, stained, skylit

synagogue light of iron

bare, barley sugar pillars, panels

plain

Lewis Brick died 24th October 1944 £6.6.0

In Memory by his wife and children

altar-gates, closed, with sash cord

chandeliers, kitchen candles

eagles, double-headed

chained

– Uit ‘How the Bicycle Shone: New and Selected Poems‘ deur Gillian Allnutt (Bloodaxe)

'n Wewer in Spitalfields

Die Joodse kwartier was ook hier geleë, alhoewel daar deesdae bitter min aanduiding daarvan is. In hierdie kronkelende klipstrate het Jack the Ripper sy dade gepleeg. Die moordenaar se identiteit is nooit bevestig is nie, maar daar was blykbaar ‘n hele paar Joodse verdagtes.

Daar is wel nog een sterk Joodse invloed  – ‘n berugte bagel winkel in Brick Lane wat 24 uur ‘n dag oop is, en waar die belofte van ‘n soutbief bagel vir die mense wat laatnag terugkeer uit die pubs en clubs in ‘n tou tot buite die winkel laat staan. Ek het een aand hier uit nuuskierigheid die gordyntjie wat  die voorkant en agterkant van die winkel verdeel, opsy getrek en sien toe drie ouer mans met sweterige gesigte en moue opgetrek, besig om die rou bagels met spane in panne kokende water in te lig.

Daar word beweer dat ‘n persoon slegs ‘n ware Cockney is as hy of sy binne hoorafstand van die klokke van St Mary-le-Bow kerk gebore is. Bethnal Green is ‘n entjie weg van Bow af, en beslis nie binne klokafstand nie. Daar was egter in die verlede ‘n groot Cockney groep in die area, en mens kan jou verbeel dat hulle ‘n hele paar kleurvolle rymwoorde in die rigting van enigeiemand wat hul identiteit bevraagteken sou gooi! Meeste Cockneys het uitgewyk na Barking, Dagenham en Essex buite Londen, en die dialek het daar vermeng met ander soorte Engels. Kenners dink dat die Cockney dialek sal uitsterf in die volgende 30 jaar of so, alhoewel elemente van die rymtaal wel opgeneem word in normale spreektaal – die Engelse koerante gebruik selfs soms rymtaal vir hul opskrifte.

Op ‘n Sondag oggend is daar in Columbia Straat ‘n blommemark waar die krete van die verkopers vir mens ‘n intense aanvoeling gee van hoe die markte in Bethnal Green in die ou dae moes geklink het. Columbia Straat is altyd bekoorlik met eiesoortige boetieks en winkels, maar Sondae  word dit verder omskep deur blommeverkopers. Sommige van die mense wat hier blomme verkoop, doen dit al geslagte lank. Mededinging tussen die verkopers is intens, en soos die dag aanloop en uitloop word die pryse van die blomme dramaties verlaag.  Krete van ‘Two a fiver’ word naderhand ‘Six fer a fiver!’  Daar is baie oor en weer gesels tussen die verkopers, maar dinge bly vriendelik.  ‘Good mornin’ gardeners, what a lovely day!’  en  ‘Oh you lucky people’ weergalm heeldag op en af in die straat.  Dis moeilik om nee te sê. Sondae in Bethnal Green word gekenmerk deur beide toeriste en plaaslike inwoners wat terugstrompel uit Columbia Straat uit in besit van enorme onbeplande ruikers en potplante.

Teen drie uur die Sondagmiddag eindig die blommemark, en dan is dit pubtyd. Dis eintlik omtrent altyd pubtyd in Engeland, maar Sondagmiddag is ‘n besondere gunsteling. ‘n Piepklein pub net om die draai van my woonstel is die Carpenter’s Arms, deesdae ‘n gastro pub (wat let wel niks te doen het met maaggriep nie, maar net daarop dui dat die plek kos voorsit). Voor dit gemoderniseer is, was dit ook bekend onder dieselfde naam, maar vir ‘n ander rede – die Kray tweeling, Ronnie en Reggie, rampokkers van die East End, het die pub besit en hul ma, Violet Kray, was in beheer van sake hierso. Daar word beweer dat die oppervlak van die kroeg se bedieningsarea gemaak is uit die hout van ‘n doodskis. Dalk is dit net een van die baie legendes wat nog rondloop oor die Kray tweeling. Of dalk nie!

Moderne Bethnal Green bly steeds ‘n immigrantebuurt – die mees onlangse golf mense is van Bangladesh afkomstig. Ou geboue (selfs vervalle sinagoges in sommige gevalle) is mettertyd omskep in moskees, en buite my woonstelgebou skop die Bengali pa’s en seuns hul skoene af in die koue vir gebed en samekomste by die plaaslike Masjid. En skuins oorkant die masjid? ‘n Stokou pub waar werkersklas Engelsmanne bymekaarkom vir biere, grondboontjies en namiddag filosofie. Dit is fassinerend om te sien hoe die nuwe en ouer maniere van dinge doen in-en-uitmekaar uit vleg in hierdie interessante, deurmekaar,veranderlike en inskiklike deel van Londen.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Frances Lubbe. Terugdink”

  1. Frances Lubbe says:
    23 November 2010 at 17:26

    Hi Ester, volgens my woordeboek is die Engelse woord ‘less’ afkomstig van die Ou Engels ‘laessa’ en het ‘n Germaniese oorsprong. So dit lyk asof dit ‘n ouer oom van ‘lesschen’ in die stamboom mag wees.

    Sover dit boekwinkels aangaan in die East End…daar is net een onafhanklike winkeltjie op Brick Lane waarvan ek weet! Boekwinkels kry swaar in Engeland op die oomblik, dis nogals ‘n jammerte.

    Reply
  2. Ester says:
    23 November 2010 at 12:00

    Dankie Louis & Chris. Dan kom die Engelse woord ‘less’ seker ook uit hierdie ‘stamboom’.

    Reply
  3. Chris Coolsma says:
    23 November 2010 at 11:20

    Louis, Ester,

    ‘dorst lessen’ is in Nederlands nog steeds ‘n gewone uitdrukking. Dit beteken in NL ‘doen ophouden’ = ‘n eind maak aan jou dors’.

    Reply
  4. Louis says:
    23 November 2010 at 08:24

    Mmm, inderdaad ‘n vreemde uitdrukking, Ester. Het sommer gou Boshoff & Nienaber se “Afrikaanse Etimologieë” nadergetrek en volgens hulle kom die uitdrukking “jou dors les” van die Middel-Nederlandse woord “lesschen” wat beteken “om stil te maak”. Jou dors les is dus letterlik om die dors stil te maak.

    Reply
  5. Ester says:
    23 November 2010 at 07:48

    ‘n Interessante vertelling, Frances! Mooie fototjies ook. Ek hoop dat daar darem ook ‘n boekwinkeltjie is naby die blommemark en pub om die leeslus se dors te les.
    Louis, vind jy dit nie ‘n vreemde woord nie: les? Ek wonder dikwels waar kom woorde vandaan & in dié geval wat het dit met dors te make? Boonop het ‘dors’ ook ‘n dubbelbetekenis. Soos so baie ander woorde. En dit maak Afrikaans nogal moeilik om te vertaal as dit by gedigte kom.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d